17 November 2017 – Paulene

Eugenie (Paulene) is in 1999 op Bangkok lughawe in hegtenis geneem.  Sy het 4kg heroin by haar gehad en is lewenslank tronk toe gestuur.

Kom luister na haar getuienis en hoe sy ten spyte van swak omstandighede bo alles uitgestyg het.  Die Heilige Gees het haar selfs leer musiek skryf en sing tot eer van God in die gevangenis.

Laai Paulene se getuienis hier af!

10 November 2017 – Andre Olivier

Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand.  Hy en sy vrou Marina is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.   Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand.

Laai Andre se getuienis hier af!

27 Oktober 2017 – Johan du Toit

Johan du Toit  die skrywer en koördineerder vir “A Surrendered life”.  Die program is deel van ‘n groter bediening, “Perisseia” (oorvloed), wat Christene help om ‘n paradigma skuif te maak na ‘n lewe in oorvloed in die grootheid van die drie enige God.

“Ek is ‘n man, ‘n pa en ‘n oupa en dit is die belangrikste aspek van my lewe. ‘n Derde geslag “preacher’s kid” wat die regte kerktaal kon gebruik en die kerk baie goed geken het. Ek het, ten spyte van dit (en miskien as gevolg van dit) eers in my vroeë 30’s Jesus regtig ontmoet. Op tot daardie stadium was dit net kerk. Ek is die afgelope 17 jaar baie betrokke by Christen mans wat met obsessiewe seksuele gedrag soos pornografie probleme het omdat daar ‘n stadium in my lewe was dat ek dieselfde pad moes stap.”

Gaan kyk gerus na die website hier.

Laai Johan se getuienis hier af!

13 Oktober 2017 – Eric Swanepoel

Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het.  Selfs of hy dalk nog omgee.  Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe.  Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat.  Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld.

Die wêreld is tans in chaos.  Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen mense is weens die een of ander geweld of oorlog ontwortel en moes vlug vir hul lewe.  Aardbewings, vloed, hongersnood.  Baie mense vra of die Here ooit nog beheer het.  Eric is pas terug vanuit Libanon nadat hulle verskeie vlugtelingskampe, gemeentes en gelowiges besoek het.  Daar is net een boodskap…DIE HERE IS AAN DIE BEWEEG, TEN VOLLE IN BEHEER EN ONGETWYFELD BESIG OM TE MIDDE VAN DIE CHAOS WONDERWERKE TE DOEN.

Eric kom deel met ons sy ervaring van wat die Here tans doen in hierdie Moslemlande.

Laai Eric se getuienis hier af!

6 Oktober 2017 – Jimi le Roux

Jimi is sedert 2010 voltyds besig met internet bediening na 20 jaar van gemeente-bediening.  Sy bediening behels daaglikse oordenkings in Afrikaans (Padlangs) en Engels (By the Way), geestelike kursusse en groeiprogramme en persoonlike bediening per internet en direk.  Jimi preek die Woord, gee lering, bied kampe aan en fasiliteer en konsulteer met gemeentes.  Hy is ‘n geregistreerde lewensbegeleier (life coach) en bied ook lewensbegeleiding aan.

Lees meer oor Jimi se bediening hier.

Laai Jimi se getuienis hier af!

29 September 2017 – Jaco Jansen van Vuuren

Februarie 2016 het Andre Thiart by ons kom getuig oor hulle sendingwerk in die Noorde van Mosambiek onder die Makwe mense. Hy en Annemarie is al 12 jaar daar.

Jaco vertel: “Na sy praatjie het ek hom gevra “hoe kom mens daar by julle uit?” Sy antwoord was ‘n eenvoudige “jy ry”. Ek het na die tyd vir hom gesê ons sal nog eendag ‘n draai kom maak daar.

 Party van julle onthou seker nog die trekker projek na die Milange sendingstasie in Mosambiek, wat hier by Bergsig begin het en waartoe TGIF maandeliks bygedrae het.  Al gewonder wat daarvan geword het?   Kom luister hoe dit gebeur het, dat Jaco en Chanel op baie kort kennisgewing, die geleentheid gekry het om Julie  Andre-hulle te besoek.  Die wedervaringe van publieke vervoer, die pad tot by hulle, die gemeenskap wat hulle bedien, die uitdagings daar, die donkerte wat oor die hele streek hang en ons 3 dae op ‘n houtbootjie op die oop see, met branders wat voor en langs die kante oorslaan.

 Wat gebeur het daar bo, nadat ons terug is, is nog baie meer amazing…”

Laai Jaco se getuienis oor Noord Mozambiek hier af!

22 September 2017 – Billy Thomas

Billy Thomas is die Senior Visie President by Merrill Lynch in die VSA. Billy bly tans in Pinehurst in die VSA. Hy is geseënd met ’n baie suksesvolle loopbaan. Hy is baie betrokke by leierskapsontwikkeling, en is deel van die Leader Mundial groep in die VSA.

Nadat Billy ’n christen geword het, het hy ervaar dat dit baie moeilik was om diepte in verhoudings te bou met ander christene as gevolg van sy besige werk skedule. Hy is baie beperk met sy tyd. Billy het ’n jaar gelede by ’n beweging aangesluit wat sy lewe verander het. F3 is ’n beweging waar christen mans bymekaarkom om gemeenskap te vorm, verhoudings te bou en saam hulle geloof en ondersteuning bou.

Kom luister gerus sy getuienis oor hoe die Here hulle gelei het om diepte en ondersteuning in sy verhoudings met mede gelowiges en nie gelowiges te bou.

Laai Billy Thomas se getuienis oor 3F hier af!

15 September 2017 – Gerhard van der Merwe

“My naam is Gerhard.  My storie is van hoe ‘n mens in jou sterk punte, in jou professie en natuurlike vaardighede, die Here met oorgawe kan dien.  Ek het groot geword in ‘n wonderlike Christin huis, my Pa het my na die Here gely toe ek 11 jaar oud was.  Ek studeer teologie met die oog op om ‘n sendeling en dominee te word.  Op ouderdom 20 stap ek egter weg van die Here en van daardie lewenspad.  Die volgende 23 jaar is ‘n storie van hoe die Here my terug na Hom roep, en my doel in die lewe hervestig.  Die storie draai in Namibië, Engeland, Indië, en natuurlik Kaapstad.  Ek glo my storie is ‘n alleman storie, van hoe die Here met ons praat en vryheid, betekenis en vreugde in ons lewens bring.”

Gerhard is Direkteur by eMi Suid Afrika.  Hulle slagspreek is “Designing a world of hope”.  Meer inligting oor eMI is beskikbaar op hulle webwerf http://www.emiworld.org/.

Laai Gerhard se getuienis hier af!