TGIF Mannekamp 11 – 13 September 2015

TGIF Mannekamp

 boegoe4

Ons TGIF kamp vind die jaar weer by Boegoeberg plaas oor die naweek van 11,12 en 13 September.

Beau de Klerk is die spreker.   Hy het verlede kwartaal by ons getuig oor sy vrou, skoonma en dogter wat in ’n ongeluk was.

bankVir die van julle wat nog nie daar was nie hier is ’n paar
foto’s van die kampterein, vuurmaakplek en uitsig. FUNtastiese 4X4 roetes vir die brawes onder julle. Gaan kyk gerus na nog foto’s van Boegoeberg asook waar dit is op hulle website:
http://www.boegoeberg4x4.co.za/

Die kostes is R520 per persoon en moet by die kerk kantoor inbetaal word.  Dit sluit in 2 ontbyte (Saterdag en Sondag) en die spitbraai Saterdag aand.  Bring jou eie kamptoerusting en enige ander eet en drink goed na goed dinke.  Kamp plekke is onbespreek vir die naweek en jy kies self wanneer jy arriveer.

Meer inligting is hier beskikbaar.

boegoe2 boegoe3 boegoe1

22 Mei 2015 – Beau de Klerk

TODAY GOD IS FIRST

Regs klik om af te laai

Eerskomende Vrydag is Beau de Klerk aan die woord. Kom luister hoe ’n masiewe ongeluk verlede jaar hulle lewe as gesin beinvloed het en hoe hulle dit as gesin hanteer het?

 

 

TGIF Ontbyt

 

Kontak asb. vir Oswald om te bespreek.  Daar sal net ’n beperkte aantal etes wees, so gou spring.

(Hierdie Vrydag doen ons lekker Roereier Bacon, broodjie en filterkoffie vir R40.00)

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.

Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697