Hoe gemaak as jou antwoorde opraak, jou vrae meer raak en jou verstaan wegraak…hoekom moes my kind sterf Here ? Kom luister as Beau de Klerk hul gesin se getuienis van hoop na die dood met ons kom deel.
TGIF Mannekamp 11 – 13 September 2015
TGIF Mannekamp
Ons TGIF kamp vind die jaar weer by Boegoeberg plaas oor die naweek van 11,12 en 13 September.
Beau de Klerk is die spreker. Hy het verlede kwartaal by ons getuig oor sy vrou, skoonma en dogter wat in ’n ongeluk was.
Vir die van julle wat nog nie daar was nie hier is ’n paar
foto’s van die kampterein, vuurmaakplek en uitsig. FUNtastiese 4X4 roetes vir die brawes onder julle. Gaan kyk gerus na nog foto’s van Boegoeberg asook waar dit is op hulle website: http://www.boegoeberg4x4.co.za/
Die kostes is R520 per persoon en moet by die kerk kantoor inbetaal word. Dit sluit in 2 ontbyte (Saterdag en Sondag) en die spitbraai Saterdag aand. Bring jou eie kamptoerusting en enige ander eet en drink goed na goed dinke. Kamp plekke is onbespreek vir die naweek en jy kies self wanneer jy arriveer.
Meer inligting is hier beskikbaar.
22 Mei 2015 – Beau de Klerk
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Beau de Klerk aan die woord. Kom luister hoe ’n masiewe ongeluk verlede jaar hulle lewe as gesin beinvloed het en hoe hulle dit as gesin hanteer het?
TGIF Ontbyt
Kontak asb. vir Oswald om te bespreek. Daar sal net ’n beperkte aantal etes wees, so gou spring.
(Hierdie Vrydag doen ons lekker Roereier Bacon, broodjie en filterkoffie vir R40.00)
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697



