Deel die inligting!
In die dae voordat motors en selfone ‘n behoorlike GPS gehad het, kon jy jouself maklik by ‘n T-aansluiting bevind waar jy nie geweet het of jy links of regs moes gaan nie.
Veral in die 90’s toe hulle die name van dorpe begin verander het. Jy kon maklik verward raak en in die verkeerde dorp beland.
Baie keer in die lewe beland ons by so ‘n T-aansluiting of kruising waar ons ‘n keuse moet maak.
Dit gaan nie noodwendig tussen sonde doen en goed doen nie, maar meer oor die keuse van die regte rigting in ons lewens.
Meestal kan ons sekere besluite blindelings neem.
Ons weet wat die regte ding is om te doen, maar soms kom ons op ‘n plek waar ons net nie die antwoorde het nie.
Baie keer is die keuse nie tussen goed en sleg nie, maar tussen wat REG is en wat AMPER REG is.
Hoe dit ook al sy, ons almal moes al lewensveranderende besluite neem en dan wil jy nie die tweede beste keuse kies nie.
Dis wanneer wysheid nodig is.