Deel die inligting!
Thys Van Tonder het onlangs teruggekeer na 5 jaar in Engeland met sy vrou en twee seuns. Thys het onlangs nog as ’n Lyfwag gewerk vir verskeie Hollywood bekendes, wêreld bekende musikante, politieke leiers, groot besigheid eienaars asook bekende internasionale sport spanne. Thys het bekend geraak dat hy een stap agter name soos Nicolas Cage, Nelson Mandela, Queen, Jean Claude Van Damme, Indiese Krieket span, SA Krieket span ens. gestap het. Thys het ook semi professioneel rugby gespeel en was na skool deel van ’n SAPD reaksie span voordat hy ’n lyfwag geword het. Thys deel in sy getuienis hoe die Here hom gered het van ’n skiet voorval, hoe die Here hom vanaf ’n buitekamer vloer (waar hy gewoonlik geslaap het) tot in die duurste en luuksste privaat Stralers en 5 ster hotelle gevat het.
Thys het ’n passie om mense te vertel van die hart van die Hemelse Vader, Sy goedheid en hoe getrou Hy is aan Sy Woord in die werk plek. Thys geniet om van sy ervarings en ontmoetings te vertel terwyl hy gewerk het.