Deel die inligting!
Arrie werk tans vir ‘n sport bestuur groep in Stellenbosch nadat hy die afgelope 5 jaar as Algemene Bestuurder Publikasies by Namibia Media Holdings in Windhoek gewerk het. Hy is die aanbieder van die Sportmanne vir Christus program op Radio Tygerberg en het gedurende die Britse en Ierse Leeus rugbytoer in 2009 na Suid Afrika op die bestuur van die Springbok rugbyspan gedien as Media Koordineerder.