Deel die inligting!
Al loop ek deur die dal van doodskaduwee, sal ek geen onheil vrees nie, want U is met my. Maak nie saak waarheen jy gaan nie, maak nie saak hoe diep en donker die plek waar jy jouself bevind nie, wanneer God jou roep, kom Hy self.
Kom luister na ‘n verhaal van die ingryping van God en delf dieper in Sy onveilbare liefde vir ons. Hierdie hartroerende testimonie vat jou op’n reis deur hoogtes en laagtes; Gebrokenheid, bitterheid angs, depressie, misbruik van dwelms, ongeloof en selfmoord is maar van die min onwaarhede van die vyand, maar een woord van ‘n getroue volger (een mostertsaadjie) en die krag van God kan radikale bekering, genesing, bevryding en vergifnis bring. Selfs die dood kan ons nie skei van God se liefde nie.
Sien uit daarna om my verhaal te deel, bietjie te sing en almal te ontmoet.