Muhammed, wat in Augustus by ons getuig het, kom hierdie Vrydag verder getuig van sy bekering van Moslem na Christen.
25 Oktober 2024 – Muhammed April
Bekering
TGIF Durbanville
Bekering
Muhammed, wat in Augustus by ons getuig het, kom hierdie Vrydag verder getuig van sy bekering van Moslem na Christen.
Die krag van mentorskap!
Vrydag se gesprek fokus op hoe ons, as gelowige mans, geroep is om in die gaping te staan – om die plekke van leemte te vul waar kinders sonder die mentorskap van hul eie vaders grootword. Ons het die voorreg en verantwoordelikheid om God op aarde te verteenwoordig deur liefde, leiding en konsekwente teenwoordigheid aan hulle te bied.
Deur by die Durbanville Kinderhuis betrokke te raak, soos ons reeds suksesvol doen by Huis Andrew Murray en Huis van Heerde, kan ons stabiliteit en identiteit help vestig in hierdie kinders se lewens. Ons sal praat oor die krag van mentorskap en die belangrikheid daarvan om die ketting van gebroke gesinne en vaderlose lewens te breek – sodat hierdie kinders ’n nuwe toekoms van hoop en geloof in Jesus kan beleef.
Somtyds neem dit die bitterste van pille om jou op jou knieë te kry.
“Ek het met vuur gespeel en dit het my hele lewe verwoes. Ek het alles verloor waarvoor ek my hele lewe lank gewerk het en omtrent almal vir wie ek lief was het hulle rûe op my gedraai.
Na 13 jaar is dit nog steeds ‘n baie bitter pil vir my om te sluk, maar somtyds neem dit die bitterste van pille om jou op jou knieë te kry. En dit is eers wanneer jy met niks en niemand op jou knieë voor die Here staan wanneer jy tot die besef kom dat mense en besittings wonderlike gawes van bo is, maar geheel en totaal onbevoeg is om jou siel te red…”
Mag die son stilstaan as jy bid!
Na 18 jaar 6 maande in die tronk het ek die waarde besef van Jer.29:11 se “Ek weet wat ek van jou beplan”. As die lewe druk en wonder of God jou stem hoor, is my getuienis net vir jou bedoel. Ek het geleer hoe om in die moeilikste omstandighede God denkbaar te loof – jy kan ook as jou oë op Hom gerig is.
Mag die son stilstaan as jy bid!
‘n Ongelooflike teenwoordige God
My storie gaan oor 3 goed:
Binne dit alles en in ons ervarings-wereld bly daar ‘n ongelooflike teenwoordige God.
“God verander my gemors in Sy meesterstuk.”
God was deur my hele lewe saam met my, selfs toe ek Hom nie aktief gesoek het nie. Sy hand het my gelei, van die oomblik dat ek gekies is as een van 17 gholfspelers in die eerste gholfakademie in Suid-Afrika—ten spyte daarvan dat die inskrywings reeds gefinaliseer was—tot my verhuising waar ek in ‘n kamer gewoon het met dieselfde straatnaam en huisnommer as dié waarin ek grootgeword het. Hy het my verbind met mentors en rolmodelle, my geseën met ‘n verstand wat my gelei het om die Hoof van Kenmerk-analise by Old Mutual te word, sonder formele grade of sertifikate. Ten spyte van my persoonlike mislukkings—twee egskeidings, ‘n kind wat ek nie sien nie, en ‘n onsuksesvolle gholfloopbaan—het God my gemors geneem en dit omskep in ‘n meesterstuk, ‘n weerspieëling van Sy heerlikheid. Deur dit alles was Sy soewereine mag die anker van my lewe.
Toorn en Troon!
Hierdie Vrydag oggend is dit ‘n gesamentlike TGIF byeenkoms by Bergsig. Dit is ‘n besprekings geleentheid wat gelei gaan word deur Jacques Munnik, Jacques Malan en Deon van der Merwe.
Die onderwerp is TOORN EN TROON.
Om te praat van God se toorn en God se troon beteken nie ons verwys na twee onderwerpe wat verwyderd is van mekaar nie. Inteendeel, dit is twee gedagtes wat totaal oorvleuelend is; wat sterk verduidelik wie God is.
Maar hóé kom ons by so ‘n gevolgtrekking uit?
Kom praat saam….
Challenges and Opportunities in Discipling the Nations
His Return – Our Departure!
Surely these are end times! Nevertheless, what makes us ready for His coming? Should our concern be His coming to earth or should it be our departure (physical death)? What is it that makes us eligible for His return?
Keuses en die verandering van denke
“Van ‘n slagoffer van godsdiens, na ‘n oorwinnaar en oorwinnende in Christus Jesus. Gebaseer op Romeine 12:2, het ek geleer om nie deur godsdiens, kultuur, of die wêreld gevorm te word nie, maar deur die vernuwing van God se Woord.”