22 Augustus 2025 – Marko Kiroglu

With Christ we are more than conquerors!

Kamil Marko was born and raised in Turkey. 16 years ago, God brought him to South Africa for a specific prophetic assignment. He got married to his South African wife Elzeth, learned Afrikaans, served
Jesus across our nation changing the lives of many many people from all races but mostly Afrikaners. Therefore, they gave him the nick name Turkse Boertjie. Just as he began to think that “Die lewe is die lekkerste by die Kaapse see” God called Marko and his family for a Great Divine Adventure in Armenia.
Spiritually speaking, Armenia is one of the most strategic countries in the world today, as it is a tiny Christian nation surrounded by mighty and staunch Islamic nations, bordering Iran, Azerbaijan and Turkey. The call to Armenia is a call to heal, disciple, mentor and raise the army of evangelist who can carry to Gospel of Jesus to more than 300 million people surrounding Armenia.
The task is huge, the assignment is intimidating, but with Christ we are more than conquerors.
This Friday morning Marko will visit and speak at the TGIF.
Do not miss this opportunity, come and hear this servant of Christ

15 Augustus 2025 – Arno Engelbrecht

Ek sukkel om God se plan te sien!

Vroeër in my lewe was daar al ‘n paar geleenthede waar ek sou kon getuig oor hoe God my gedra het deur moeilike tye en hoe hy teëspoed verander het na voorspoed. Die laaste paar jaar was egter bietjie anders in die sin dat ek nog steeds baie bewus was van God se teenwoordigheid en sy hand in my lewe, maar dat ek sukkel om te sien wat God se plan is en waar ek daar in pas. So, my getuienis gaan ongelukkig nie een wees van oorwinning nie, maar een van iemand wat nog sukkel om sin te maak van die wêreld en God se doel vir my daarin.

8 Augustus 2025 – Ezekiel Vilakazi

A marketplace minister in the modern South Africa.

Ezekiel Vilakazi is a business consultant, an entrepreneur, and a business coach with strategic decision-making experience. Executive management, business development, marketing, business strategy planning, and project management are among the skills he possesses. He is committed to inspiring leadership and possesses an innate ability to persuade, motivate, and enthuse others. Ezekiel advocates for small businesses as an entrepreneur, and his passion is to see them succeed. He has 20 years of business experience and understands the challenges that entrepreneurs confront because he has seen commercial success, failure, and rejection.

He will share his personal journey with the lord and how he is advocating for Christian businessmen to be agents of change.

Onthou asseblief dat ons hierdie Vrydag skuif na Tygerberg Gesinskerk in die Palm Grove Sentrum in Durbanville.

 

11 Julie 2025 – Mauritz Coetzer

Ek weet waar my krag vandaan kom!

As ek moet dink aan n tema vir my gesprek sal dit moet wees oor my verhouding met die Heilige Gees, en hoe dit in n mate my lewe gered het, en dan die boodskap wat handel oor hoe noodsaaklik dit vir ons as christen mans is om n gewoonte daarvan te maak om gereeld aan ons verhouding met die Heilige Gees te werk.

Ek is n vlieenier wat my werk verloor het in Covid. Dit was n baie traumatiese tyd in my lewe, en sou nie daardeur kon werk as dit nie vir my “konneksie” met die Gees was nie.

Ek vlieg nou vir n airline in Zambia, waar ek elke 8 weke huis toe kom wat opsigself nie maklik is nie, maar ek weet waar my krag vandaan kom…

4 Julie 2025 – Pickard Henn

Sodat Jesus die fokus van alles sal wees!

Ek het 2015 ‘n ontmoeting met Jesus gehad nadat 3 selfmoord pogings misluk het. Na dit was my lewe nooit weer dieselfde nie en het ek besluit om almal wat ek ontmoet van Jesus te vertel sodat ander dieselfde redding, vrede en vreugde kan geniet in die Heilige Gees soos wat ek doen.

Kort na my redding is ek gedoop en na dit het wonderwerke begin uitbreek wanneer ek bedien of op straat vir mense bid.

Ek sien uit om Vrydag oggend die manne se geloof te roer en te stig sodat Jesus die fokus van alles sal wees in hul verhoudings, huwelike, vriendskappe en werksplekke.

Vrydag 27 Junie 2025 – Jimi le Roux

Wat is jou skeppingsdoel?

  • Jimi le Roux is ’n leraar en skrywer. Hy is al 20 jaar besig met ’n aanlynbediening.
  • As seun van ’n bekende leraar en bedienaar het hy gesukkel met sy eie bekering en vir jare om homself te vind en te wees.
  • Die Here het hom gehelp om sy pa-issues te oorkom en te besef wie hy is, en wat sy skeppingsdoel is.

“Ek het nie meer om te bied nie. Ek wil nie preek nie en ek wil nie my bediening kom boost nie. Ek kan net my storie vertel met die gebed dat iemand daardeur gehelp sal word om hul eie storie en skeppingsdoel te vind.”