Deel die inligting!
Die Bevryding van Duisternis na Lig kursus gee ’n Jesus gesentreerde antwoord op bevryding uit die Duisternis. Die Vrydag aand word die probleem uit ’n Wêreldse perspektief geskets. Saterdag oggend begin met die Sondeval en dan hoe die bose ons wil beïnvloed. Die enigste weg om waarlik vry te wees is om totaal aan Jesus oor te gee. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe.
Eers as die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees. Johannes 8:36
LIG, ’n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy, is in 2017 gestig deur Theo van Houten, ’n voormalige pastoor, wat ’n groeiende behoefte bespeur het aan hulp buite die tradisionele kerkomgewing. Baie mense in nood vind nie hulp weg na die kerk nie, maar vind eerder hul toevlug in misbruik van dwelms en drank, gesinsgeweld en ander uitdagings. Ons doel is om ’n lig van hoop en genesing te wees vir hierdie individue.
Theo se betrokkenheid by die Helderberg Rape Crisis Centre in April 2016 was ’n keerpunt in sy pad na die stigting van LIG. Hy het hierdie geleentheid aangegryp om as trauma-berader vir slagoffers van verkragting en volwassenes wat as kinders seksueel misbruik is, betrokke te raak. Mettertyd het hy sy diens uitgebrei na ander vorme van berading, insluitend gesins-, huweliks- en ouerskapsberading, streshantering, depressiehantering, verslawingshantering, asook die behandeling van hartseer en trauma.
Theo het in 2015 vir Pieter en Helene Theron genooi om by hulle gemeente die Bevryding en Beradings kursus aan te bied. Hy was aangeraak deur hul bediening en het as berader op hulle kursusse gedien en so ervaring opgebou vanaf 2015. Helene Theron het met Covid in 2020 opgehou om hulle kursus aan te bied. Theo het die kursus geskryf vir Unlimited Church in Nelspruit wat hy bedien het in Junie 2025.
