Jacques getuig en gee terugvoer oor sy uitreik saam met William Austin in Klawer gedurende Paasnaweek.
9 April 2021 – Jacques Munnik
Uitreik in Klawer
TGIF Durbanville
Terugvoer oor uitreike wat TGIF lede gedoen het
Uitreik in Klawer
Jacques getuig en gee terugvoer oor sy uitreik saam met William Austin in Klawer gedurende Paasnaweek.
Eric kom vertel van sy onlangse besoeke aan Egipte en Libië en hoe hy die lewende God ervaar.
Hierdie Vrydag verwelkom ons weer ‘n ou bekende by ons. Eric kom vertel van sy onlangse besoeke aan Egipte en Libië en hoe hy die lewende God ervaar. Gaan luister ook na sy preek die afgelope Sondag by Bergsig hier. Gaan luister ook gerus na Eric se vorige getuienis op hierdie site.
Blinde gehoorsaamheid verander lewens!
Vrydag kom Jaco van Vuuren (een van ons eie) getuig hoe blinde gehoorsaamheid sy lewe, sy gesin en mense met wie hy in aanraking kom verander.
‘n Groep van 14 vertrek Vrydag 30 September na Lesotho. Hulle neem o.a. Sesotho Bybels saam en spandeer waardevolle tyd met die kinders. Lees meer oor hierdie uitreik hier of kontak Jaco van Vuuren by 073 017 6662.
Oswald het gedurende Julie Thailand besoek as deel van ‘n uitreik om ons sendelinge daar by te staan. Oswald beskryf dit as ‘n lewens veranderende besoek. Tydens die besoek het hulle wonderlike mense ontmoet en gelooflike geestelike ervarings gehad. Oswald skryf: “during our visits to some pastors in remote villages we encounter some extremely beautifull places. But also some amazing spiritual encounters and discussions about their mission field.”
Natuurlik het Oswald ook tyd ingeruim om die beste koffies van Thailand te proe en om te leer by al die baristas.
Die tema vir die besoek was dat “God aan die beweeg” is en Oswald gaan ons vertel hoe hulle dit in Thailand ervaar het.
Kontak Oswald (079 108 9697) vir ‘n klankopname asseblief
“Die Here gebruik gewone mense”
Andre en Marina Olivier is twee passievolle navolgers van Jesus. Hulle het gebeds uitreike na Thailand begin doen in 2012 en Julie 2013 het die roeping gekry om voltyds in Thailand, spesifiek in die Sisaket provinsie, te gaan sending werk doen. Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.
Hulle kom uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope twee jaar beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.
“Waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns.”
8000 km en 8 lande en 8 manne saam om voertuie te skenk vir die Koninkryk! Wes-Afrika word nie sommer met kaalhande aangepak nie, maar waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns!
Hier in Suidelike Afrika het ek soms al skaam gevoel om die naam van Jesus te noem, dit was tot ons in ‘n land gekom het waar jy dit nie mag noem nie.
Eerskomende Vrydag is Almo Bouwer, sy seun en Jaco van Vuuren aan die beurt.
Hulle gee terugvoer oor hulle besoek aan Lesotho gedurende Oktober.
Volgende Vrydag (27ste) sluit ons af met Nagmaal wat deur Oom Martin gehanteer gaan word.
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Ashley Cloete en sy span aan die beurt.
Ashley en sy vrou loop al vir baie jare ’n pad saam met bekeerde moslems. Hy bring een of twee van die bekeerdes saam om hulle uitdagings met ons te deel.
Volgende week:
Is Henry Jackson aan die beurt. Henry is ’n ou bekende aan die groep en het gevra om weer met ons te kom deel. Ons sien uit na wat die Here op sy hart gelê het.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Spreker:
Ons spreker eerskomende Vrydag is ’n egpaar, Andre en Marina Olivier. Hulle is uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope jaar in Thailand beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.
God TV:
Hulle gesels vir 10 min met ons oor hulle visie en kan een van die manne wat Vrydagoggend daar is ’n Skottel met dekodeerder en installasie wen ter waarde R1700 wat GOD TV en ander kanale kan opvang en nog een kan ’n boek wen. Moenie die geleentheid mis nie.
Verblyf Carel:
Carel het ’n maand uitstel gekry om te trek, so die nood is steeds daar. Indien iemand kan help kontak asb. vir Carel by carel@sasmef.org.za of by 083 440 9640.
Profetiese Skool:
Rory & Cathy Mole hou by Die Bron(Barnyard) ’n profetiese skool. Indien julle belangstel om by te woon volg asb. die instruksies hieronder.
Hulle is reeds 28 jaar lank besig met profete skole regoor die wêreld en is ook die hoof van die Suid-Afrikaanse Prophetic Council. Dit is oop vir enige iemand wat wil groei in hulle profetiese gawe. Dit sluit in:
4 Aande: 16 en18 & 23 en 25 Februarie 2015
2 Sessies per aand asook ‘n praktiese les
R200 per persoon – sluit handleiding in
Laaste datum vir registrasie 6 Februarie 2015
Registrasie vind plaas met betaling by infotoonbank by Die Bron of by info@diebron.co.za en email bewys van betaling na hierdie email adres.
Bankbesonderhede:
Die Bron
FNB Tjek Rekening
No: 62318713006
Kode: 260217
Bewys van betaling: info@diebron.co.za
Verwysing: profeteskool met jou naam.
Gebed en beradingskontak:
Een van ons boetas het ’n versoek dat iemand op gereelde basis met hom ontmoet vir gebed. Indien iemand geroep voel om te help kontak asb. vir Oswald.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
Bydraes:
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154