26 April 2019 – Alison Botha (Dames welkom)

On an evening in December 1994, an extraordinary event took place in Alison’s ordinary life. #TGIF #DurbanvilleTGIF #AlisonBotha

Alison Botha
Alison Botha

On an evening in December 1994, an extraordinary event took place in Alison’s ordinary life. She was abducted by two men who raped and brutally assaulted her. She was left for dead in the bushes, but somehow she lived. Physicians call her survival a medical miracle, but perhaps the true miracle has been how she has chosen to deal with the experience. Rather than becoming bitter, she uses her experience as an example of the power of the human spirit. In her speaking engagements, she shares with her audiences the horror of being physically attacked, then offers insight into her own miraculous survival, recovery and ultimate triumph to become a victor rather than remain a victim.

alison123@mweb.co.za – 078 116 1164 – www.alison.co.za

Laai Alison se getuienis hier af!

5 April 2019 – Lukas Korff

Sy passie wat sy “hoekom” aanvuur sal jou aangenaam verras.

Lukas kom vertel van sy nuwe wêreld rekord as ook van sy volgende wêreld rekord; sy passie wat sy “hoekom” aanvuur sal jou aangenaam verras.  Lukas was al voorheen in 2016 by ons, luister na sy getuienis hier.

Kom word geinspireerd die Vrydag oggend.

Laai Lukas se getuienis hier af!

29 Maart 2019 – Andre O’Kennedy

Ek getuig graag oor die krag en gesag wat ons het in Jesus Christus. Dis vir ons almal beskore. #DurbanvilleTGIF #TGIF

Ek was vir 32 jaar voltyds predikant in Goudini. Wil graag my getuienis deel oor my blootstelling aan bevryding en nou ‘n bediening van bevryding en innerlike genesing.

Ek getuig graag oor die krag en gesag wat ons het in Jesus Christus. Dis vir ons almal beskore.

Laai Andre se getuienis hier af!

1 Maart 2019 – Schalk Reyneke

Sy passie is om mense toe te rus en hy is die aanbieder van die baie bekende “Purpose” reeks.  #TGIF #DurbanvilleTGIF

Schalk is die CEO van die finansiële dienste maatskappy Axsure.  Sy passie is om mense toe te rus en hy is die aanbieder van die baie bekende “Purpose” reeks.  Meer inligting hier beskikbaar.  Sy passie dryf hom om hierdie reeks gratis aan te bied.

Laai Schalk se getuienis hier af!

22 Februarie 2019 – Herman Steyn

‘n Storie van gebed en gehoorsaamheid.

Ek gaan ‘n storie vertel. Ja dis my storie oor die laaste 7 jaar, maar dis eintlik ‘n storie van gebed en gehoorsaamheid. Ek kan getuig van God se wonderwerke in my lewe.

Ek het ‘n breintumor.
Nee dit is nie in remissie nie.
Ek lei ‘n normale lewe deur die genade van God.

Ek deel ook my eenvoudige drie stap resep met almal oor hoe om met ‘n ernstige lewensdreigende siekte te lewe. Ek glo almal kan daarby baat.

8 Februarie 2019 – Wian Vos

Ek moes eers in ’n baie baie droeë woestyn beland (in die bediening) voordat ek totaal oorgegee het aan die Here en in verhouding met Hom begin leef het.

As dominee se seun en hoofseun van die plattelandse skool waar ek grootgeword het, het ek redelik alles van ‘godsdiens’ geweet. Ek moes gereeld voor mense bid en selfs VCSV byeenkomste lei, maar ongelukkig was ek nog nie in ’n intieme verhouding met Vader nie. Tydens my derde jaar Teologie in Bloemfontein, het ’n senior student my gekonfronteer oor my dubbele lewe. Steeds het ek nie ag geslaan op die stem van Heilige Gees nie. Ek moes eers in ’n baie baie droeë woestyn beland (in die bediening) voordat ek totaal oorgegee het aan die Here en in verhouding met Hom begin leef het.

GENADE OP GENADE!

1 Februarie 2019 – Jacques Munnik

‘n Storie van grootskaalse verlossing
‘n Storie van God se onverpose liefde
‘n Storie van verbysterende genade

 

  • ‘n Storie van grootskaalse verlossing
  • ‘n Storie van God se onverpose liefde
  • ‘n Storie van verbysterende genade

Laai Jaques se getuienis hier af!

25 Januarie 2019 – Schalk Visagie

Verandering self is ‘n proses en ‘n pad wat ons daagliks stap.

Verandering self is ‘n proses en ‘n pad wat ons daagliks stap. Die besluit om die stap te neem word partykeer emosioneel geneem. As die besluit om jou lewe om te draai met oorgawe geneem word is dit ‘n daaglikse reis. ‘n Reis wat elke besluit, elke woord elke wyse van optrede beinvloed, en ons struikel almal elke dag nog

Ek deel graag ‘n uitreksel uit my boek met julle.

“ I also said to God, if this is Your plan for me I accept it with no arguments, but God my children. They are still small, and I would so like to see them grow up and witness what becomes of them…and be there for them. I know they would need me, but Your will… I have no say in this matter. You are God, who am I that you might reconsider my fate and my request to turn my final moments rather into a Damascus experience.”
I leaned back, the blood loss had made me tired, an unexplained calmness came over me.
From UNDER FIRE IN SOUTH AFRICA.

Laai Schalk se getuienis hier af!

Gods Loving Gift - Schalk Visagie
Gods Loving Gift – Schalk Visagie

11 Januarie 2019 – Rohann Cronje

God het ons geroep uit lewens met baie vraagtekens…

Die 3 reëls:

God het geroep, God het gestuur, en God het GEPRAAT. Nou wat vrae God van jou?

Rohann en Chloë Cronje: God het ons geroep uit lewens met baie vraagtekens… Ons opgelei, geonderrig, en gestuur op ‘n reis om die Woord van God te verkondig. Ons is weer terug in die Kaap, en ek sal gesels oor van die moeilike posisiese waarin God ons losgelaat het, en ook vraag wat Hy nou aan elkeen van ons stel.

Laai Rohann se getuienis hier af!