26 Julie 2019 – Arrie Hougaard

Sportmanne vir Christus

Arrie werk tans vir ‘n sport bestuur groep in Stellenbosch nadat hy die afgelope 5 jaar as Algemene Bestuurder Publikasies by Namibia Media Holdings in Windhoek gewerk het. Hy is die aanbieder van die Sportmanne vir Christus program op Radio Tygerberg en het gedurende die Britse en Ierse Leeus rugbytoer in 2009 na Suid Afrika op die bestuur van die Springbok rugbyspan gedien as Media Koordineerder.

Arrie se getuienis!

5 Julie 2019 – Johan Cilliers

Gelukkig het ek langs die pad Genade ontdek.

In die Paarl gebore en opgegroei. In ‘n Christelike huis groot geword met dierbare ouers. Deur die kerk gebruike gegaan en ‘n baie wettiese godsdienstige lewe geleef van sondebesef, verdienste en nie geloofsekerheid gehad nie. Gelukkig het ek langs die pad Genade ontdek.

Laai Johan se getuienis hier af!

28 Junie 2019 – Julita Kok

Julita Kok, een van ons “ou” bekendes!

Julita Kok, een van ons “ou” bekendes, is weer by ons Vrydagoggend en kom deel ‘n paar nuwe stories met ons.  Sy gaan ook getuig oor haar ervarings op haar pas afgelope reis na Israel.

Laai Julita se getuienis hier af!

21 Junie 2019 – Christian couple from an African country

Believers are considered terrorists

We are a Christian couple from an African country. Believers are considered terrorists and all our pastors are behind bars in unknown locations since 2003. We also have had our share of persecution in brutal prisons for the sake of Christ. We are glad to share our testimonies with you.

7 Junie 2019 – Callie Nepgen

God het my gedra deur situasies waar mens nie altyd gedink het dit sal moontlik wees nie. 

Gebore in plattelandse dorpie, lewe van mishandelling, pa wat alkoholis was, boelie, vernedering deur my skoolloopbaan, het 2 transitorooftogte asook roof oorleef.

God het my gedra deur situasies waar mens nie altyd gedink het dit sal moontlik wees nie.  Hy my genees na ‘n karongeluk waar ek van voor af moes leer om van my ledemate te gebruik. Tot waar ek nou God se stem gereeld hoor en my betrokkenheid om Die Woord van God onder mense te versprei.

Laai Callie se getuienis hier af!

31 Mei 2019 – Stan Turketti

Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.

Stan is die seun van n Poolse immigrant. Dit is waar sy liefde vir kosmaak van daankom. Stan het n groot deel van sy loopbaan spandeer aan die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misaad. Die fokus was veral op dwelms, maar sy ondersoeke het ook wapens en okkultiese misdade ingesluit. Sy ondersoeke het oor internasionale grense gegaan en het hom tot in die vuil binnekring van politiek gevat. Daar was verskeie lospryse op sy kop. Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.

Stan het later in die diamantbedryf gewerk waar hy die hoof uitvoerende beampte van risiko was vir n diamant myn. Hier het hy weereens te doen gehad met die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misdaad met die focus op diamant smokkelerry. Ook hier het hy God se guns ervaar.

Stan is wel bekend in die intellegensie wereld. God het die geleenthede vir Stan geskep om Sy woord te deel met die gebrokenes in die lewe tot die  hooggeplaasdes, van die prostitute tot die politikuste. (Die een se werk is eerbaar die ander dra ‘n “suit”.)

Met sy uittreede van die korporatiewe wêreld fokus Stan op die vekondiging van God se woord, hy was die laaste ruk in Rusland, Ukraine en Pakistan waar hulle God se woord gedeel het. Stan is ook betrokke by Project Amazing Grace, dit is waar die lied Amazing Grace regoor die wereld op dieselfde tyd gesing word.

Laastens is Stan ook betrokke in die koffie bedryf waar hy besig is om ‘n kranige koffie roaster te raak. Sy koffie is Wiara koffie en dit is die Poolse woord vir Hoop.

Laai Stan se getuienis hier af!

24 Mei 2019 – Kirstein Combrink

Kirstein Combrink, ’n vlieënier vir MAF (Mission Aviation Fellowship) en vlieg sedert 2012 vir hulle in Tanzanië.  Hy is getruid met Amelia en het 2 woelwater seuntjies.

Ons spreker Vrydag is Kirstein Combrink, ’n vlieënier vir MAF (Mission Aviation Fellowship) en vlieg sedert 2012 vir hulle in Tanzanië.  Hy is getruid met Amelia en het 2 woelwater seuntjies.

Laai Kirstein se getuienis hier af!

17 Mei 2019 – Ruan van der Walt

Wanneer God jou roep, kom Hy self.

Al loop ek deur die dal van doodskaduwee, sal ek geen onheil vrees nie, want U is met my. Maak nie saak waarheen jy gaan nie, maak nie saak hoe diep en donker die plek waar jy jouself bevind nie, wanneer God jou roep, kom Hy self.

Kom luister na ‘n verhaal van die ingryping van God en delf dieper in Sy onveilbare liefde vir ons. Hierdie hartroerende testimonie vat jou op’n reis deur hoogtes en laagtes; Gebrokenheid, bitterheid angs, depressie, misbruik van dwelms, ongeloof en selfmoord is maar van die min onwaarhede van die vyand, maar een woord van ‘n getroue volger (een mostertsaadjie) en die krag van God kan radikale bekering, genesing, bevryding en vergifnis bring. Selfs die dood kan ons nie skei van God se liefde nie.

Sien uit daarna om my verhaal te deel, bietjie te sing en almal te ontmoet.

Laai Ruan se getuienis hier af!

10 Mei 2019 – Nelda Rousseau (Dames Welkom)

Simbolies vergelyk ek my lewe en transformasie daarvan met die van ‘n vlinder se metamorphose.

Ek is Nelda Rousseau en wil graag getuig oor hoe Jesus my hele lewe kom verander het en ook getuig oor die realiteit van Koningkrykswerk. Simbolies vergelyk ek my lewe en transformasie daarvan met die van ‘n vlinder se metamorphose.

Ek wil graag ook ‘n paar hoogtepunte van my onlangse toer na Israel met julle deel.

Ek is 24 jaar getroud met my beste vriend en die liefde van my lewe – Etienne Rousseau. Ons is lidmate van Bergsig NG Kerk en ek vir die afgelope 6 jaar betrokke by Attie van Wyk skoolkie buite Durbanville en vandaar deur God gelei om in 2017 ‘n Nuwe geloofsgemeenskap by Spes Bona buite Durbanville te begin wat nou nog ‘n groot vreugde in my lewe is.

Almal is natuurlik baie welkom om ons daar op ‘n Sondag te kom besoek. Ons erediens is om 10uur elke Sondagoggend
Kontak my gerus vir verdere aanwysings en besonderhede.

Dankie vir die geleentheid om die Here se Naam te kan verheerlik.

Laai Nelda se getuienis hier af!