15 Maart 2024 – Gesamentlike byeenkoms by Vredelust

Lewe Vreesloos!

Hierdie Vrydag het ons ‘n gesamentlike byeenkoms by NG Kerk vredelust.  Die spreker is Hardus Zevenster en die onderwerp is “Lewe Vreesloos”.  Kontak asseblief vir Leon by 084 610 1739 om te bevestig as jy dit gaan bywoon aangesien Leon die getalle vir hulle moet gee vir die reël van verversings.

Let asseblief daarop dat die volgende TGIF byeenkoms weer die 5de April sal wees.

Lewe Vreesloos
Lewe Vreesloos

8 Maart 2024 – Ettienne Willemse

‘n God van verhoudings

My lewe het werklik waar gedraai toe ek in 2008 besef het dat God ‘n God van verhouding is. Ek het God voor dit net geken as ‘n harde God wat nooit tevrede sal wees met enige iets wat ek doen nie. Ek het begin leer oor wie God as vader is, wat baie vir my beteken het oordat ek ‘n afwesige vader gehad het.

Vandag is ek ‘n vader van twee seuns biologies en baie ander geestelik, te danke aan die Vader se genade en Sy Gees wat my ingetrek het.

Ettienne Willemse
Ettienne Willemse

23 Februarie 2024 – Mervyn Naidoo

What is the mandate of the Body of Christ?

If you nor the angels of Heaven know the day and the hour of the LORD’S return, then what are we to be doing instead of looking out for that day and hour?
What is the mandate of the Body of Christ and was Mervyn Naidoo’s encounter on the 2nd of October 2020 truly a Divine experience mandated by the LORD? You decide!

9 Februarie 2024 – Johan Koornhof

My pad saam met Jesus Almagtig!

1 Oktober 2021 het my lewe verander toe ek die laaste bed in ICU neem met Covid. Drie aande later om 3h16 die oggend het ek ophou asem haal. Met God se genade het hulle my terug gekry. Tien dae later na afloop van n CT Scan het ek die nuus ontvang dat ek minder as 12 maande oor het om te leef. Toe begin my 86 dae journey in isolasie in die High Care eenheid…en my pad saam met Jesus Almagtig tot vandag toe…..

TGIF Mannekonferensie 16/17 Februarie 2024 – Deursigtig

Deursigtig

Ons wil jou graag uitnooi na ‘n konferensie oor wat dit beteken om deursigtig te lewe en waarom dit belangrik is.

“Transparent” gaan daaroor om ons toe te rus sodat ons persoonlike bediening vol vrug kan wees.  Hierdie konferensie sal bydra dat jou jaar nog meer geestelik opbouend gaan wees.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville

Tyd:       Vrydagaand 16 Februarie 2024 vanaf 18h00 – 21h00

    Saterdag 17 Februarie 2024 vanaf 09h00 – 16h00.

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en Vrydagaand & Saterdagmiddag se etes in. Ook ingesluit is Koffieman wat Saterdag-oggend gereed staan met 2 keer se koffie.

Indien daar finansiële uitdagings is, praat asb met Leon – moenie dat geld in die pad staan nie!!!

Ons wil graag ook ‘n geleentheid gee vir pa’s om saam met hulle seuns die geleentheid by te woon en daarom is hoërskool seuns ook welkom teen dieselfde koste. 2024 Is ‘n baie unieke jaar van geleenthede, MOENIE dit mis nie en bring ASB iemand saam vriend of familie!

Kom investeer (saad) in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:
N G Kerk Durbanville Bergsig
Absa
Tjek rek no:  1410 590 154
Verwys:     KONF—(Jou van)

Ons dien ‘n magtige God, en sien uit, met ‘n opgewonde verwagting, wat Hy hierdie naweek in elkeen se lewe gaan doen.  Ons wil daarom, by voorbaat, vir elkeen baie dankie sê wat sy tyd uitkoop om dit by te woon.

26 Januarie 2024 – Fanie Cronje

Hoe God my van geleenthede voorsien het!

My getuienis handel in hoofsaak oor hoe God my van geleenthede voorsien het om na trauma (die afsterwe van my vrou) en werksverlies geleenthede gebied het wat my in staat gestel het om ’n nuwe loopbaan, na die rype ouderdom van 60 , te begin, vele ander fasette binne hierdie nuwe loopbaan, wat deur die wil en genade , my in staat gestel het om ’n fasinerende nuwe “begin” te maak en werklik nou in my herfsjare voluit lewe en dit geniet!!!