Deel die inligting!
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Web: https://tgifcape.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/ groups/tgifdurbanville/
Hierdie Vrydag praat Louis van der Vyfer met ons oor die pad wat die Here met hom loop. Hier volg ’n kort uittreksel uit sy getuienis:
“Ek is ‘n persoon wat alles in die lewe gehad het maar wat ook alles verloor a.g.v. ‘n lewe sonder karakter. In 2004 het God deur my seun Louis (toe 4 jaar oud) en ‘n straatvrou met my gepraat en vir my op al my foute gewys – karakter krake – . Ek kon net skuldig pleit en het toe soos Dawid in PS 51 v 15 my skuld erken en besluit om aksie te neem. Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.”
Kom luister waarmee is die Here nou in sy lewe besig.
Kennisgewings
Ons kamp:
Wanneer: 19 tot 21 September
Waar: Boegoeberg(http://www. boegoeberg4x4.co.za/)
Koste: R400. 00
Betaling: Betaal asb. in op Durbanville Bergsig se bankrekening.
Bank ABSA
Rekeningnommer 141 059 0154
Takkode 334 810
Verwysing TGIFKamp (met jou naam)
Epos jou bewys van deposito na Gerhard Swanepoel by durbanville@tgifsa.co.za .
Die betaling sluit in jou ontbyt vir die Saterdag en Sondag sowel as ’n spitbraai die Saterdagaand. Ons gaan ’n aparte epos stuur met al die detail van die kamp vroeg volgende week.
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van die vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154