Die Werklikheid Van God Se Plan in ons lewens!
Kortliks is ek een van die wat kan getuig van die kansellering van my sonde en aksies en vernuwing Deur Jesus 2 Kor 5:17
Ek weet hoe dit voel om geskors te word … In 1977 geskors uit die skool en verbied om ooit weer my voete op skool terrein te sit … Drie jaar later 1980 tydens bos verlof hoor ek van ‘n Nuwe Lewe In Christus, Joh 8:32-34, en gryp dit aan.
Ek weet hoe dit voel om sukses in besigheid te geniet … asook die teenoorgestelde …. ek weet hoe dit voel na 27 jaar van huwelik en op my verjaarsdag gegroet te word met; “Happy birthday I want a divorce…”
Ek weet van die hartseer van “alleen wees” wat mens dryf na die sneller van ‘n vuurwapen…
Ek weet van God Se Genade en Liefde om my lewe weer op dreef te kry met nuwe energie en Gen 50:20 te verstaan.
Wat ook al vir my verwoesting beplan was, het God Omgedraai ten goede.
Gaan besoek gerus www.ivanbasson.co.za om n beter idee te kry van wat God met gebroke mense soos ek kan doen en heeltemal nuwe asem in ons te pomp.