Deel die inligting!
Ek was by julle op vorige geleentheid, toe ek getuig het van God se grootheid toe Hy (nou -7 jaar gelede) my vrou uit ‘n koma/en dood terug gebring het.
In die afgelope maande/weke het die Here my geroep om uit my werk te bedank en voltyds in Woord en Musiek bediening te gaan. (Ek was so 23 jaar terug voltyds in die bediening).
(Dit het nogal beroeringe gebring onder die wat my ken – positief en negatief)
Die mandaat wat ek van Hom ontvang het is om Hom die lewende God aan mense bekend te stel. Ook dat HY, God die Vader, dit bewerk het deur die kruisiging van sy Seun (en toe die voorhangsel geskeer het) dat ons nou direk na Hom kan kom en met Hom in verhouding kan wees.
Dankie vir die uitnodiging – ek sien uit om saam met julle te kuier en Hom te verheerlik.
Ons herrinner jou ook net graag aan ons TGIF Mannekamp, 1 tot 3 September by Boegoeberg.
