Deel die inligting!
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/ groups/tgifdurbanville/
Retah McPherson kom maak Vrydag ‘n draai.
“Retah McPherson en haar gesin was gedurende 2004 in motorbotsing betrokke wat hul lewens onherroeplik verander het. Haar oudste seun, Aldo, was die enigste lid van die gesin wat nie ongeskaad van die ongelukstoneel weg gestap het nie. Aldo het ʼn baie ernstige hoof besering opgedoen en was vir ʼn paar maande in ʼn koma na die ongeluk.
Terwyl Aldo in ʼn koma was, het hy ʼn bonatuurlike ervaring gehad. Hy was in die hemel; hy het God, die engele, Moses en Abraham gesien. Aldo het terug gekom met een boodskap: “Mamma, ek moet die wêreld vertel dat Jesus leef!”
In gehoorsaamheid tot hierdie roeping om die wêreld te vertel dat Jesus leef en dat die Bruid haarself moet gereed maak vir haar Bruidegom, het Retah en Aldo ʼn boek geskryf getitel ʼn Boodskap van God.
Hulle het intussen ook drie ander boeke vrygestel: ‘n Boodskap van Geloof, ʼn Boodskap van Hoop, en Die beginsels van die Koninkryk van God.
Retah is vandag voltyds ʼn Christelike gasspreker en reis oor die wêreld om die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Retah en haar gesin is gevestig in Hartbeespoortdam, Suid-Afrika.”
webtuiste www.retahmcpherson.com
Kantoor: 082 610 5757
E‐pos: office@retahmcpherson.com
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
Bernard: 083 658 2222
Francois: 083 309 7638
George: 072 446 3412
Gerrit: 082 922 1817
Lourens: 082 339 7728
Oswald: 079 108 9697
Finansiële Ondersteuning
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154