24 Junie 2022 – Leon du Toit

Ons het die wonderlike voorreg deel te wees van die vervulling van God se woorde

Deel die inligting!

Hierdie Vrydag gaan Leon du Toit met ons kom gesels. Leon was ‘n sendeling in die Ukraine en Rusland.

“Ek dink nou aan Israel in die tyd toe al die Israeliete slawe was van Farao, die vors met die grootste gesag op aarde!

Toe die seun van God deur Sy Vader aarde-toe gestuur is en Sy  Versoeningswerk aan die kruis voltooi het – toe roep Hy uit TETELESTAI “Dit is VOLBRING” en HY GEE SY LEWE – vir die mensdom!!!
Na Sy volkome triomf oor die bose, en die -‘losprys wat HY betaal het vir die mensdom’ sê HY “AAN MY IS GEGEE ALLE GESAG IN HEMEL EN OP AARDE..”
Vanuit daardie ewige openbaring gee Hy ook vir ons die GROOT OPDRAG:
“GAAN EN DISSIPEL DIE NASIES..” en dan die grootste belofte en geheim vir die vervulling van SY OPDRAG: “KYK!!! EK, EK IS, IS MET JULLE AL DIE DAE… tot die einde van tyd..”

Ons het die wonderlike voorreg deel te wees van die vervulling van God se woorde in Numeri 14:7 – ‘As sure as I live, the whole earth shall be full of THE GLORY OF THE LORD’…

Here we are, LORD, send us…”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *