Deel die inligting!
TODAY GOD IS FIRST
Hierdie Vrydag (15 Mei) is Carel du Plessis aan die woord. Hier is sy antwoord op ’n vraag wat aan hom gestel is terwyl hy nog as die Prins van vleuels bekend gestaan het:
Rugby is soos ‘n godsdiens in Suid-Afrika. Hoe het jy perspektief behou en so nederig gebly?
Vir my gaan dit nie oor ’n spesifieke eienskap of verandering daarvan nie, maar om eerder ’n vol lewe te lei wat gebaseer is op die Waarheid van Jesus Christus en wat uiteindelik vir God tot eer sal wees. Goeie Christen-vriende speel ook ’n groot rol om balans en perspektief te behou.
TGIF Ontbyt
Kontak asb. vir Oswald om te bespreek. Daar sal net ’n beperkte aantal etes wees, so gou spring.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697