Johan du Toit die skrywer en koördineerder vir “A Surrendered life”. Die program is deel van ‘n groter bediening, “Perisseia” (oorvloed), wat Christene help om ‘n paradigma skuif te maak na ‘n lewe in oorvloed in die grootheid van die drie enige God.
“Ek is ‘n man, ‘n pa en ‘n oupa en dit is die belangrikste aspek van my lewe. ‘n Derde geslag “preacher’s kid” wat die regte kerktaal kon gebruik en die kerk baie goed geken het. Ek het, ten spyte van dit (en miskien as gevolg van dit) eers in my vroeë 30’s Jesus regtig ontmoet. Op tot daardie stadium was dit net kerk. Ek is die afgelope 17 jaar baie betrokke by Christen mans wat met obsessiewe seksuele gedrag soos pornografie probleme het omdat daar ‘n stadium in my lewe was dat ek dieselfde pad moes stap.”
Gaan kyk gerus na die website hier.
Laai Johan se getuienis hier af!
24 Junie 2016 – Andre Anthony
Drie jaar terug het Andre nie die Here geken nie. Hy was skuldig aan elkeen van die sondes, egbreuk, lieg, steel, dwelms, alkolisme om net n paar te noem.
Hy het nie na die Here gesoek nie, het Hom nie nodig gehad nie, maar die Here het na hom gesoek. God het hom geroep en in ‘n oomblik het Hy sy lewe verander!
8 Apr 2016 – Rohann Cronje
Sy paadjie het op 14 met drank begin, ‘n groot verskeidenheid van ervarings en probleme het gevolg, en tot op so ‘n punt gevorder dat hy deur ‘n bende genader is. Hy het vier naby dood ervarings in my kort lewe gehad, maar deur genade is Hy gespaar. Hy weet God het hom gered. Hy glo dat hy ‘n roeping het om, deur sport, met die Jeug te werk.
Sy praatjie sal gaan oor kompromieë… en biki meer…
28 Aug 2015 – Warren Elliott
Op Vrydag, 28 Augustus 2015, is Warren Elliott aan die beurt. Hy het onder armoedige omstandighede, in ‘n sinkhuis, by twee ooms van hom in Goodwood grootgeword. Op die ouderdom van 10 het hy begin rook en drink wat ook ‘n kenmerk van sy latere lewe was. In matriek (1994) het hy kitaar begin speel, in kroee en restaurante opgetree en daarna ‘n professionele sangloopbaan gevolg. Ongeveer ‘n jaar gelede het hy ‘n Gospel-album opgeneem en wag nou vir die geskikte tyd om dit vry te stel. Radio Tygerberg saai gereeld van sy Gospel-liedjies uit.
In 2010 het ‘n prostituut in die verbygaan in Voortrekkerweg, Parow, haar ondervoede babaseuntjie in Warren se vrou se arms geplaas. ‘n Ruk later is sy vrou met kanker gediagnoseer en was hulle ook genoodsaak om hulle besigheid te verkoop. Hulle finansies het alhoemeer versleg. In April 2011 het hulle tot bekering gekom, met ‘n kinderbediening begin en die babatjies van prostitute aan huis begin neem.
God voorsien op wonderbaarlike maniere in hulle behoeftes!
8 Mei 2015 – Bernie Ponison
TODAY GOD IS FIRST
Hierdie Vrydag (8 Mei) is Bernie Ponison aan die woord. In sy eie woorde som hy sy lewe so op:
Raped as a boy, molested for many years, rejected, schizophrenic wife, lust, drugs, alcohol, violence, Alpha course, Emmaus walk 27 called to be an Evangelist, Pat Kelly Bible College, Church plant East African outreaches, Namibian bible distribution
TGIF Ontbyt
Kontak asb. vir Oswald om te bespreek. Daar sal net ’n beperkte aantal etes wees, so gou spring.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Hanno Fourie Show.
Baie baie dankie aan ’n ieder en elk wat bygedra het om die aand so ’n groot sukses te maak.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
30 Jan 2015 – Wynand Breytenbach
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Spreker:
Ons spreker eerskomende Vrydag is Wynand Breytenbach. Hier volg ’n kort opsomming van wie hy is.
My lewe het begin op die trein spore van Bellville waar ek groot geword het sonder `n pa omdat hy oorlede is in `n kar ongeluk toe ek ag jaar oud was. Albei my broers was vir jare verslaaf aan verskeie dwelms en my middelste broer is `n Homoseksuele man. Na skool het die God vir my die geleentheid gegun om te gaan Teologie studeer sonder dat ek self daarvoor moet betaal. God as Vader figuur en voorsiener klou ek sterk aan vas.
Dringende verblyf:
Daar is nog sekere uitdagings rondom Carel se verblyf. Indien jy graag betrokke wil raak kontak hom gerus.
Ons klankman Carel Venter wat elke week getrou help het regtig ’n groot uitdaging rondom verblyf. Sy kontrak verstryk einde Januarie en moet vanaf 1 Feb. Nuwe verblyf hê in die Durbanville area. Daar is ook ’n behoefte vir ’n vragmotor wat kan help met die trek. Indien iemand kan help kontak asb. vir Carel bycarel@sasmef.org.za of by 083 440 9640.
Profetiese Skool:
Rory & Cathy Mole hou by Die Bron(Barnyard) ’n profetiese skool. Indien julle belangstel om by te woon volg asb. die instruksies hieronder.
Hulle is reeds 28 jaar lank besig met profete skole regoor die wêreld en is ook die hoof van die Suid-Afrikaanse Prophetic Council. Dit is oop vir enige iemand wat wil groei in hulle profetiese gawe. Dit sluit in:
4 Aande: 16 en18 & 23 en 25 Februarie 2015
2 Sessies per aand asook ‘n praktiese les
R200 per persoon – sluit handleiding in
Laaste datum vir registrasie 6 Februarie 2015
Registrasie vind plaas met betaling by infotoonbank by Die Bron of by info@diebron.co.za en email bewys van betaling na hierdie email adres.
Bankbesonderhede:
Die Bron
FNB Tjek Rekening
No: 62318713006
Kode: 260217
Bewys van betaling: info@diebron.co.za
Verwysing: profeteskool met jou naam.
Gebed en beradingskontak:
Een van ons boetas het ’n versoek dat iemand op gereelde basis met hom ontmoet vir gebed. Indien iemand geroep voel om te help kontak asb. vir Oswald.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
Bydraes:
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154
23 Jan 2015 – Rev. Ibrahim Yusuf
1 Aug 2014 – Danie Groenewald
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Spreker: Danie Groenewald
“I’m an ordained Pastor my ministry is called Eden Wholeness Youth Care Centre which was a rehabilitation centre for young men. The centre was in Johannesburg. We’ve moved to the Cape and have now started a new ministry called WOW which is workers on wheels. Our goal is to empower people who’s lives have become unmanageable through addiction, poverty etc job creation is our aim!
We still council and advise regards to addiction and at present I have 8 young men who stay with me who have been through our program”
Kennisgewings
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van die vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154