19 Julie 2024 – Gesamentlike Manne Byeenkoms by Kenridge Gemeente

Wat glo ek regtig?

Vrydag oggend is dit ‘n Gesamentlike Manne Byeenkoms by Kenridge Gemeente.  Ons gaan koffie drink van 5:30am af en sitplekke inneem van 5:40am sodat ons 5:45am kan begin en mik om 6:30am klaar te maak. Ons gaan bietjie gesels rondom die tema “Wat glo ek regtig?” – Watter impak het ons geloof op ons daaglikse lewe? Wat het Jesus in gedagte gehad toe Hy van geloof gepraat het? Hy het belowe dat as ons in Hom glo ons groter dinge as Hy sal doen, maar sien ons dit in ons lewens? Indien nie – hoe bou ons geloof? Sien julle daar!

Laat asseblief vir Leon weet teen Woensdag 17 Julie sodat Leon die getalle kan deurstuur.

Datum: Vrydag 19 Julie
Waar: Kenridge Gemeente
Tyd: 05:30 AM vir 06:00 AM

TGIF Mannekonferensie 16/17 Februarie 2024 – Deursigtig

Deursigtig

Ons wil jou graag uitnooi na ‘n konferensie oor wat dit beteken om deursigtig te lewe en waarom dit belangrik is.

“Transparent” gaan daaroor om ons toe te rus sodat ons persoonlike bediening vol vrug kan wees.  Hierdie konferensie sal bydra dat jou jaar nog meer geestelik opbouend gaan wees.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville

Tyd:       Vrydagaand 16 Februarie 2024 vanaf 18h00 – 21h00

    Saterdag 17 Februarie 2024 vanaf 09h00 – 16h00.

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en Vrydagaand & Saterdagmiddag se etes in. Ook ingesluit is Koffieman wat Saterdag-oggend gereed staan met 2 keer se koffie.

Indien daar finansiële uitdagings is, praat asb met Leon – moenie dat geld in die pad staan nie!!!

Ons wil graag ook ‘n geleentheid gee vir pa’s om saam met hulle seuns die geleentheid by te woon en daarom is hoërskool seuns ook welkom teen dieselfde koste. 2024 Is ‘n baie unieke jaar van geleenthede, MOENIE dit mis nie en bring ASB iemand saam vriend of familie!

Kom investeer (saad) in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:
N G Kerk Durbanville Bergsig
Absa
Tjek rek no:  1410 590 154
Verwys:     KONF—(Jou van)

Ons dien ‘n magtige God, en sien uit, met ‘n opgewonde verwagting, wat Hy hierdie naweek in elkeen se lewe gaan doen.  Ons wil daarom, by voorbaat, vir elkeen baie dankie sê wat sy tyd uitkoop om dit by te woon.

21 Julie 2023 – Gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge

Gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge

Vredelust, Stellenberg, Kenridge en ons hou hierdie Vrydag ‘n gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge.  Ons sien baie uit na ‘n geseënde saamwees!

Adres: 2 Maestricht St, Bellville, Cape Town, 7530
https://goo.gl/maps/kh6dBESU8sr63B226