“My Name Pastor Shaheed Johnson. I was born a Muslim went to go study the Muslim faith for three years. But King Jesus had other plans for my life. Amen”
Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het. Selfs of hy dalk nog omgee. Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe. Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat. Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld.
Die wêreld is tans in chaos. Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen mense is weens die een of ander geweld of oorlog ontwortel en moes vlug vir hul lewe. Aardbewings, vloed, hongersnood. Baie mense vra of die Here ooit nog beheer het. Eric is pas terug vanuit Libanon nadat hulle verskeie vlugtelingskampe, gemeentes en gelowiges besoek het. Daar is net een boodskap…DIE HERE IS AAN DIE BEWEEG, TEN VOLLE IN BEHEER EN ONGETWYFELD BESIG OM TE MIDDE VAN DIE CHAOS WONDERWERKE TE DOEN.
Eric kom deel met ons sy ervaring van wat die Here tans doen in hierdie Moslemlande.
Vrydag oggend 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Eerskomende Vrydag deel ‘n Egiptenaar, Ezzat Shehata, sy getuienis met ons.
“Die fokus van ‘Operation Transit’ (reeds die afgelope 20 jaar) was om sover moontlik die bediening van die mense in Noord Afrika in die hande van Arabies sprekende mense te kry.
Op ‘n vreemde manier het die Vader deur die skietdood van Ezzat se vriend in Mauritanie, en die daaropvolgende waarskuwing aan hom dat hy volgende is, hom en sy gesin gelei om dringend die land te verlaat en in Spanje veiligheid te vind.
Ezzat het binne die eerste jaar reeds ‘n Arabies sprekende kerk in Malaga tot stand gebring. Hul ontmoet Sondae aande om 18h00.
Ezzat is verantwoordelik vir die bestuur van ‘Operation Transit’ se Westelike gedeelte. (Spanje, Marokko, Mauritanie). Spesifiek die evangelisering en dissipelskap van nuwe gelowiges in al drie die lande. Dit bring mee dat hy ekstensief in die lande reis vir dissipelskap en bemoediging van nuwe gelowiges.”