3 Junie 2022 – Andre & Marina Olivier

Hulle getuig van God se groot dade in Thailand.

Andre & Marina is ons sendelinge in Thailand. Hulle is twee passievolle navolgers van Jesus en het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie.  Vrydag kom getuig hulle van God se groot dade in Thailand.

6 Mei 2022 – TGIF Gesamentlike Byeenkoms

God het ‘n spesifieke doel vir jou

Vredelust, Stellenberg, Kenridge en ons hou hierdie Vrydag ‘n gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge.  Ons sien baie uit na ‘n geseënde saamwees!

Ons gesels Vrydag oor God se spesifieke doel vir ons.

God het ‘n spesifieke doel vir jou – iets waarvan Hy al droom voor die begin van die skepping. Hy weet dit is wat jou totale vervulling sal bring en Hy smag om dit vir jou te gee.

Maar hoe ontdek ons dit? Hoe maak ons seker ons mis dit nie? En hoe kan ons dit kry van waar ons nou is ten spyte van hierdie gebroke wêreld en veral ten spyte van ons gebroke self?

The only true happiness comes from squandering ourselves for a purpose. William Cowper

Adres: 2 Maestricht St, Bellville, Cape Town, 7530
https://goo.gl/maps/kh6dBESU8sr63B226

29 April 2022 – Hennie Odendaal

Hoe vorm jy deel van God se meesterplan vir sy Koningryk?

“Die vraag aan julle is: Wie is jy en wat is die konneksie met diamante in ons lewens? Hoe vorm jy deel van God se meesterplan vir sy Koningryk? ”

Maak solank ‘n aantekening oor die gesamentlike byeenkoms die 6de Mei by Kenridge TGIF.   Leon soek asseblief ook bevestiging van die wat wil saamgaan.

8 April 2022 – Tershia de Klerk (Dames Welkom)

Beveg Mensehandel

Tershia is die Besturende Direkteur van “The Joseph Movement”.  Hierdie organisasie beveg mense handel.  Meer inligting is op hulle website (hier) beskikbaar.

The Joseph Movement

“Tershia de Klerk (née Breytenbach), is the Founder and Managing Director of The Joseph Movement, following her position as Chief Operating Officer of STOP Trafficking Of People NPC. She is a Member of the National Freedom Network and continues building relationships and collaborating with various network partners – anti-Human Trafficking NPOs, Companies, Media and Government bodies.”
“She has first-hand experience of exploitation in the modelling and advertising industry.”

1 April 2022 – Mauritz Hill

Met die wapenrusting van God

My getuienis gaan oor die belangrikheid om God se wapenrusting aan te trek – elke dag. Die geestelike geveg is ‘n werklikheid en ek het dit veral beleef toe ek angs en depressie gekry het.

Deur God se genade en familie se bystand kon ek dit oorwin – met die wapenrusting van God.

25 Maart 2022 – Peter Vermaak

Wat ons Vader vir my tydens Covid gewys en geleer het

My getuienis gaan hoofsaaklik om wat ek ervaar het toe ek Covid gekry het, in ICU beland het en wat ons Vader vir my gedurende die tyd gewys en geleer het, asook daarna.

Dit is die eerste keer dat ek buite ons kerk praat, so dit is nogal uitdagend maar ons is geroep om uit ons “comfort zones” uit te tree.

My huistaal is Engels.  Ek sal seker hoofsaaklik Engels praat, maar is ook heel gemaklik om Afrikaans te praat.