Eerskomende Vrydag luister ons na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is.
Van Heerden het voor 2000 gestudeer, diensplig gedoen en in die Menslike Hulpbronne veld werksaam gewees. Einde van die 90’s het daar ‘n aantal drastiese dinge in sy lewe gebeur. Sedert 2000 is hy permanent in voltydse bediening tot vandag toe, hoofsaaklik onder plaaswerkers in die Wes-Kaap, sendingbetrokkenheid in buurlande, gebedsmobilisering en die mentor en leiding gee van jong gelowiges.
Kom luister na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is.
Baie dankie vir julle gebede laas Vrydag vir die droogte. Ons wil julle graag nooi om aksie by ons gebede van verlede Vrydag te sit en julle nooi om water te bring, gebottel en kraanwater. Ons vra dat julle dit Vrydagoggend bring of julle kan dit ook deur die week by kerk aflaai.