27 Mrt 2015 – Francois Stone

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST

 

Spreker hierdie Vrydag (27 Maart 2015)

 

Die eerste twee sinne van my boek  “Wat jy glo sal gebeur – God in die neurone,” begin met hierdie woorde:

 

“Hel op aarde, is om aan die einde van jou lewe te kom, en dan gekonfronteer te word met die persoon wie jy kón wees… Want wat kan erger wees as om aan die einde van jou lewe te kom en dan in selfverwyt te sê: “as ek maar net…?”

Dit is so treurig dat net te veel gelowiges se lewens so verloop. Dit is treurig omdat God ons met ‘n suksesmeganisme in ons brein ontwerp het. Jesus se woorde: “Wat julle glo, sal gebeur”, word vandag deur die kwantumfisika, wetenskaplik verklaar.  As jy die positiewe glo, sal dit gebeur – glo jy die nagatiewe, gaan dit jou realiteit word.

Moenie langer tevrede wees met `n middelmatige, sukkelende, vervelige lewe nie. God het jou ontwerp om suksesvol, legendaries te leef. Dit het alles te doen met geloof. En geloof is iets wat in jou brein gebeur.

 

Uitnemendheid:

Ons wil baie graag TGIF na die volgende “vlak” neem. Ons wil uitnemend wees daarmee om God te dien met alles in ons, om ons heel beste vir Hom te gee. Indien jy idees het hoe ons dit kan doen, of geroep voel om deel te word van die bediening kom meld aan by ons.

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor. Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *