Deel die inligting!
TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Spreker:
Ons spreker eerskomende Vrydag is ’n egpaar, Andre en Marina Olivier. Hulle is uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope jaar in Thailand beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.
God TV:
Hulle gesels vir 10 min met ons oor hulle visie en kan een van die manne wat Vrydagoggend daar is ’n Skottel met dekodeerder en installasie wen ter waarde R1700 wat GOD TV en ander kanale kan opvang en nog een kan ’n boek wen. Moenie die geleentheid mis nie.
Verblyf Carel:
Carel het ’n maand uitstel gekry om te trek, so die nood is steeds daar. Indien iemand kan help kontak asb. vir Carel by carel@sasmef.org.za of by 083 440 9640.
Profetiese Skool:
Rory & Cathy Mole hou by Die Bron(Barnyard) ’n profetiese skool. Indien julle belangstel om by te woon volg asb. die instruksies hieronder.
Hulle is reeds 28 jaar lank besig met profete skole regoor die wêreld en is ook die hoof van die Suid-Afrikaanse Prophetic Council. Dit is oop vir enige iemand wat wil groei in hulle profetiese gawe. Dit sluit in:
4 Aande: 16 en18 & 23 en 25 Februarie 2015
2 Sessies per aand asook ‘n praktiese les
R200 per persoon – sluit handleiding in
Laaste datum vir registrasie 6 Februarie 2015
Registrasie vind plaas met betaling by infotoonbank by Die Bron of by info@diebron.co.za en email bewys van betaling na hierdie email adres.
Bankbesonderhede:
Die Bron
FNB Tjek Rekening
No: 62318713006
Kode: 260217
Bewys van betaling: info@diebron.co.za
Verwysing: profeteskool met jou naam.
Gebed en beradingskontak:
Een van ons boetas het ’n versoek dat iemand op gereelde basis met hom ontmoet vir gebed. Indien iemand geroep voel om te help kontak asb. vir Oswald.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
Bydraes:
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154