10 Maart 2017 – Jan de Bruin

Deel die inligting!

Jan is die ‘groot baas’ van Highway Ministries.   Jan het ‘n passie vir die Here en leef sy roeping uit in terme van Highway Ministries organisasie. Hy wil dieselfde in die Kaap begin. Kom daarop neer dat elke sterfte op ons paaie ‘n direkte impak op geliefdes het en dat ALLES gedoen moet word om dit te voorkom.

Jan werk nou saam met Kenney Africa (hoof van padveiligheid in die Weskaap) om veiligheid op ons paaie te verseker. Hy het veral ‘n passie vir trokdrywers en hulle omstandighede.
Jan brand vir God – sy getuienis is iets om nie te mis nie.