TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Hierdie Vrydag vier ons ons 5de verjaardag met ’n ontbyt.
Kom asseblief baie vroeg want die kos word reeds vanaf 05h15 bedien. Ons bedank graag vir Charl Fourie van PnP Sable Square vir hul soveelste ontbyt wat hulle onbaatsugtig borg. Ook vir Christiaan en Jaco vir hulle kos bydraes.
Dankie aan Chantell Fourie en haar spannetjie wat die kos gaan voorberei en ook aan ons gaan bedien Vrydagoggend. Chantell wil op die wyse vir al die Boetas dankie sê vir al hulle ondersteuning en gebede rondom Hanno, wat almal rondom hom besiel en inspireer met sy lewe.
Dankie, Hanno, dat jy ons motiveer om ‘n verskil te maak in ander se lewens!
Ons is ook baie opgewonde om na Henry Jackson te luister.
“Wat moet n boer doen wanneer daar op sy plaas beslag gelê word?
Henry Jackson, ‘n boer in Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap aan vriende en familie nadat dit met hom gebeur het.
My plaas is geneem! Die woorde klink amper so skrikwekkend soos die woord “kanker”. Terwyl hy besig was om voer vir sy diere te sny, kom vier fancy motors op sy plaaswerf aangejaag en spring sowat 20 mans uit, donker van woede en oorkook van die haat.
Wat volgende gebeur is net moontlik indien jy Jesus as jou Verlosser en Saligmaker aangeneem het. Kom luister gerus na hoe die storie eindig.”
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154