Hierdie Vrydag is dit een van ons eie JC Lategan wat sy getuienis gee.
16 Augustus 2019 – JC Lategan
Een van ons eie
TGIF Durbanville
Een van ons eie
Hierdie Vrydag is dit een van ons eie JC Lategan wat sy getuienis gee.
deel sy mislukkings en suksesse
Vrydag se spreker is Jasper Basson, ‘n direkteur en ‘n “Habit Practitioner”. Hy kom deel sy mislukkings en suksesse met ons en deel die taktieke wat vir hom gehelp het tans sy lewe voluit te geniet.
Sportmanne vir Christus
Arrie werk tans vir ‘n sport bestuur groep in Stellenbosch nadat hy die afgelope 5 jaar as Algemene Bestuurder Publikasies by Namibia Media Holdings in Windhoek gewerk het. Hy is die aanbieder van die Sportmanne vir Christus program op Radio Tygerberg en het gedurende die Britse en Ierse Leeus rugbytoer in 2009 na Suid Afrika op die bestuur van die Springbok rugbyspan gedien as Media Koordineerder.
Vrydag oggend is Pastoor Nanda Govender by ons. Nanda is betrokke by Shiloh Synergy en was deel van die stigting van die sopkombuis in Wallacedene.
Vrydag oggend is Pastoor Nanda Govender by ons. Nanda is betrokke by Shiloh Synergy en was deel van die stigting van die sopkombuis in Wallacedene.
Gelukkig het ek langs die pad Genade ontdek.
In die Paarl gebore en opgegroei. In ‘n Christelike huis groot geword met dierbare ouers. Deur die kerk gebruike gegaan en ‘n baie wettiese godsdienstige lewe geleef van sondebesef, verdienste en nie geloofsekerheid gehad nie. Gelukkig het ek langs die pad Genade ontdek.
Julita Kok, een van ons “ou” bekendes!
Julita Kok, een van ons “ou” bekendes, is weer by ons Vrydagoggend en kom deel ‘n paar nuwe stories met ons. Sy gaan ook getuig oor haar ervarings op haar pas afgelope reis na Israel.
Believers are considered terrorists
We are a Christian couple from an African country. Believers are considered terrorists and all our pastors are behind bars in unknown locations since 2003. We also have had our share of persecution in brutal prisons for the sake of Christ. We are glad to share our testimonies with you.
TGIF word 10!!
God het my gedra deur situasies waar mens nie altyd gedink het dit sal moontlik wees nie.
Gebore in plattelandse dorpie, lewe van mishandelling, pa wat alkoholis was, boelie, vernedering deur my skoolloopbaan, het 2 transitorooftogte asook roof oorleef.
God het my gedra deur situasies waar mens nie altyd gedink het dit sal moontlik wees nie. Hy my genees na ‘n karongeluk waar ek van voor af moes leer om van my ledemate te gebruik. Tot waar ek nou God se stem gereeld hoor en my betrokkenheid om Die Woord van God onder mense te versprei.
Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.
Stan is die seun van n Poolse immigrant. Dit is waar sy liefde vir kosmaak van daankom. Stan het n groot deel van sy loopbaan spandeer aan die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misaad. Die fokus was veral op dwelms, maar sy ondersoeke het ook wapens en okkultiese misdade ingesluit. Sy ondersoeke het oor internasionale grense gegaan en het hom tot in die vuil binnekring van politiek gevat. Daar was verskeie lospryse op sy kop. Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.
Stan het later in die diamantbedryf gewerk waar hy die hoof uitvoerende beampte van risiko was vir n diamant myn. Hier het hy weereens te doen gehad met die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misdaad met die focus op diamant smokkelerry. Ook hier het hy God se guns ervaar.
Stan is wel bekend in die intellegensie wereld. God het die geleenthede vir Stan geskep om Sy woord te deel met die gebrokenes in die lewe tot die hooggeplaasdes, van die prostitute tot die politikuste. (Die een se werk is eerbaar die ander dra ‘n “suit”.)
Met sy uittreede van die korporatiewe wêreld fokus Stan op die vekondiging van God se woord, hy was die laaste ruk in Rusland, Ukraine en Pakistan waar hulle God se woord gedeel het. Stan is ook betrokke by Project Amazing Grace, dit is waar die lied Amazing Grace regoor die wereld op dieselfde tyd gesing word.
Laastens is Stan ook betrokke in die koffie bedryf waar hy besig is om ‘n kranige koffie roaster te raak. Sy koffie is Wiara koffie en dit is die Poolse woord vir Hoop.