29 Mei 2015 – Daniel Shayesteh

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Daniel Shayesteh aan die woord. Hierdie is beslis ’n geleentheid waarheen jy jou vriende moet nooi.

 

TGIF Ontbyt

 

Weens die Vinkel en Koljander mark wat die naweek by Bergsig is, is die fasilitiete nie beskikbaar om kos te maak nie.

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.

Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697