Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het. Selfs of hy dalk nog omgee. Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe. Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat. Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld.
Die wêreld is tans in chaos. Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen mense is weens die een of ander geweld of oorlog ontwortel en moes vlug vir hul lewe. Aardbewings, vloed, hongersnood. Baie mense vra of die Here ooit nog beheer het. Eric is pas terug vanuit Libanon nadat hulle verskeie vlugtelingskampe, gemeentes en gelowiges besoek het. Daar is net een boodskap…DIE HERE IS AAN DIE BEWEEG, TEN VOLLE IN BEHEER EN ONGETWYFELD BESIG OM TE MIDDE VAN DIE CHAOS WONDERWERKE TE DOEN.
Eric kom deel met ons sy ervaring van wat die Here tans doen in hierdie Moslemlande.