Ek is Nelda Rousseau en wil graag getuig oor hoe Jesus my hele lewe kom verander het en ook getuig oor die realiteit van Koningkrykswerk. Simbolies vergelyk ek my lewe en transformasie daarvan met die van ‘n vlinder se metamorphose.
Ek wil graag ook ‘n paar hoogtepunte van my onlangse toer na Israel met julle deel.
Ek is 24 jaar getroud met my beste vriend en die liefde van my lewe – Etienne Rousseau. Ons is lidmate van Bergsig NG Kerk en ek vir die afgelope 6 jaar betrokke by Attie van Wyk skoolkie buite Durbanville en vandaar deur God gelei om in 2017 ‘n Nuwe geloofsgemeenskap by Spes Bona buite Durbanville te begin wat nou nog ‘n groot vreugde in my lewe is.
Almal is natuurlik baie welkom om ons daar op ‘n Sondag te kom besoek. Ons erediens is om 10uur elke Sondagoggend
Kontak my gerus vir verdere aanwysings en besonderhede.
Dankie vir die geleentheid om die Here se Naam te kan verheerlik.