Hierdie Vrydag gaan ons weer geleentheid gee vir spontane getuienis. Die Here het nog altyd hierdie geleenthede geseën en was dit altyd inspirerend om te luister na die getuienis van ons eie manne by TGIF. Kom saam en kom luister na wat die Here in gewone gelowiges doen. Ons gaan ook geleentheid gee vir manne om terugvoer te gee oor die Daniel konferensie en wat dit vir hulle beteken het.