2 Okt 2015 – Pierre Venter

Deel die inligting!

Eerskomende Vrydag is daar Pierre Venter aan die beurt.  So klink sy getuienis:

Wat ‘n wonderlike gedagte is dit dat ons God van Liefde ‘n padkaart vir my en jou lewe gemaak het. Ek sal nooit weet hoe jou padkaart lyk nie, net soos jy nie weet hoe lyk myne nie. Al wat ek weet, is dat ek my padkaart tot nou toe, vir mense kan vertel en vir hulle wys hoe God in my lewe ingegryp het in baie moeilike, donker tye. Ek was ‘n suksesvolle  besigheidsman, finansieële beplanner, goeie man vir my vrou en goeie pa vir my kinders. Die skatte wat ek op aarde bymekaar gemaak het, het my tot in die diepste donker gat laat beland, selfmoord. My getuienis gaan oor hoe bo-menslike wonderwerke met my gebeur het, hetsy finansieel, in my huwelik, in my besigheid en met my kinders. God het my gered uit daardie donker gat, 1 April 2009 toe ek wou selfmoord pleeg en my voorberei om met die wêreld te deel dat ek is een van Sy kinders waarvoor Hy baie lief is. Ek hoef nooit weer te werk nie, my hande is los, my tyd is los en dan vra ek hoekom? Die antwoord staan in Matt 28:19: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” – Prys die Here!