Deel die inligting!
Ek wil kortliks terugvoer gee oor waar Jan Hendrik hom tans bevind en hoe dit met hom gaan. Maar ek wil eintlik by die volgende gedagtes stilstaan:
Dit kan soms, as ons eerlik wil wees, baie druk op ons plaas om gedurig “reg te wees met die Here.” Moet ek meer goed doen? Moet ek meer kerkbesoek? Moet ek meer tyd aan Bybelstudie/-lees spandeer. Moet ek langer bid? Moet ek soveel as moontlik na “gospel-musiek” luister? Moet ek meer tyd spandeer om by barmhartigheidsorganisasies betrokke te raak? Wanneer sal ek uiteindelik tevrede voel dat ek “reg is met die Here?” Is dit werklik waartoe ons vrygemaak is toe ons gered is?
(Huiswerk Romeine 4:25)
