Deel die inligting!
Ek is Adri Williams, eienaar van Khayelitsha Cookies. Ek wil met julle kom deel hoe die Here my lewe onherroeplik kom verander het, en daar gebeur die onbegryplike. Ek is betrokke in ‘n groot ongeluk wat my los om vir my lewe te veg, met gebreekte arms wat die dokters wil amputeer. My verhaal is een van hoe mens as Christen die koste soms moet dra van goeie Dade.
My lewens verhaal is een van ‘n kombinasie van Job en Moses, deur baie woestyn tye, en geheel en al glad nie maklike lewe nie. Maar die Here bly in beheer en alles wat beplan was vir my ondergang, het die Here omgedraai in my grootste getuienisse. ‘n Opregte verhaal van hoop, teleurstelling, worstel en wroeg, net om jouself weer hy die Here se voete te vind, oorweldig met hoe Amazing die Here is, en hoe klein ons grootste probleem eintlik net ‘n druppel in die emmer is in vergelyking met die planne wat die Here vir elkeen van ons het