Deel die inligting!
Elke keuse is ’n kruispad en elke kruispad is ’n keuse.
In die eerste deel van my getuienis vroeër die jaar het ek uit ’n stukkie van my lewenstorie gedeel hoe elke keuse wat ons maak, ons lewe beïnvloed.
God is egter groter as ons keuses, goed en sleg, en gee ons die genade van kruispaaie.
Vrydag in die tweede deel van my getuienis deel ek ietsie uit my lewenstorie die afgelope 7 jaar oor my kruispaaie en die nuwe pad saam met ABBA Vader, Jesus en Heilige Gees om weer uit die as te kon begin opstaan en feesklere te kan aantrek.