31 Mei 2019 – Stan Turketti

Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.

Deel die inligting!

Stan is die seun van n Poolse immigrant. Dit is waar sy liefde vir kosmaak van daankom. Stan het n groot deel van sy loopbaan spandeer aan die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misaad. Die fokus was veral op dwelms, maar sy ondersoeke het ook wapens en okkultiese misdade ingesluit. Sy ondersoeke het oor internasionale grense gegaan en het hom tot in die vuil binnekring van politiek gevat. Daar was verskeie lospryse op sy kop. Stan skryf sy suskses toe aan sy verhouding met God en hy het talle getuienisse van hoe God hom beskerm het en deure oopgemaak het om die waarheid bloot te stel.

Stan het later in die diamantbedryf gewerk waar hy die hoof uitvoerende beampte van risiko was vir n diamant myn. Hier het hy weereens te doen gehad met die ondersoek en bekamping van ge-organiseerde misdaad met die focus op diamant smokkelerry. Ook hier het hy God se guns ervaar.

Stan is wel bekend in die intellegensie wereld. God het die geleenthede vir Stan geskep om Sy woord te deel met die gebrokenes in die lewe tot die  hooggeplaasdes, van die prostitute tot die politikuste. (Die een se werk is eerbaar die ander dra ‘n “suit”.)

Met sy uittreede van die korporatiewe wêreld fokus Stan op die vekondiging van God se woord, hy was die laaste ruk in Rusland, Ukraine en Pakistan waar hulle God se woord gedeel het. Stan is ook betrokke by Project Amazing Grace, dit is waar die lied Amazing Grace regoor die wereld op dieselfde tyd gesing word.

Laastens is Stan ook betrokke in die koffie bedryf waar hy besig is om ‘n kranige koffie roaster te raak. Sy koffie is Wiara koffie en dit is die Poolse woord vir Hoop.

Laai Stan se getuienis hier af!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *