TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Spreker:
Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. DIE OPENBARING 3:15-16 AFR83
Hierdie vers het vir Dawie Spies tot realiteit geruk. Kom luister Vrydag hoe die geestelike leier van Manne van die Woord en oom van Pierre Spies(jr.) van louwarm tot ’n hart wat brand vir Jesus verander het.
Sien ook aangeheg die kamp wat Dawie die naweek in Moorreesburg saam met Carel du Plessis aanbied.
Julius Magan
Tree Woensdagaand by Bergsig op. Hy is ’n baie gewilde sanger wat ons op ’n besondere manier gaan kom bedien in gebed. Toegang is gratis, nooi jou vriende om by te woon.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
Thailand Bybels
Maak asb. met my of Marius van Deventer kontak indien julle betrokke wil raak. Ons sal Vrydagoggend bevestig waar die fondse gedeponeer kan word. Dit kos R100 ’n Bybel en wil hulle graag ’n 100 versprei, dit beteken R10 000.00. Bid oor die saak.
Bydraes:
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154