Deel die inligting!
My agtergrond: Iemand het eenkeer opgemerk “Dit neem die Here 1 sekonde om ons in die Hemel te kry, maar ons hele lewe om die Hemel in ons te kry”. Dis ‘n ongelooflike “Journey” wat ek vir niks in die wêreld sal ruil nie. Ek vertel graag hoe Hy my lewe “ge-hijack” het.
My lewensfilosofie en bediening: Erens in die Bybel staan daar geskryf: “Die Here het ons jammer gekry en hiedie bediening aan ons toevertrou” en dis hoe ek my lewe en bediening sien. Vader het my jammer gekry en vir my ook iets gegee om te doen…! Ek vertel graag wat Hy op die oomblik deur The Mailbox Club in Afrika doen.