5 Oktober 2018 – Dewald Gouws (Dames welkom)

Deel die inligting!

Kom luister na Dewald Gouws.   Dewald  is deel van “Die Manne wat Glo” sanggroep.  Hierdie groep het ontstaan uit die behoefte van vier gospel-sangers, Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira, om die oorweldigende herlewing van Christene regoor Suid-Afrika deur musiek aan te spreek.

Dewald se hartsbegeerte is om deur sy musiek ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die nodige geestelike oortuiging kan doen.

Dewald bring sy orkes saam.  Ons gaan in die ouditorium wees en dames is ook welkom.

Laai Dewald se getuienis hier af!