Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper by Radio Tygerberg en ook skrywer van verskeie inspirasieboeke, insluitende topverkopers met getuienisse soos God was dáár en Ontdek God in die stories van mense. Haar nuutste is die 5 minute saam met God-dagboek wat in Februarie 2018 verskyn het. Sy is getroud met Johannes, ’n biokinetikus en hulle het twee dogters, Joalé (5) en Ziva-Mari (2).
Benescke het ’n passie vir God en vir mense. Dit bly vir haar ’n voorreg om God se liefde vir ons deur alledaagse getuienisse te demonstreer in haar skryfwerk.
— Dames Welkom –