TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville
Hierdie Vrydag praat Henry Pike met ons oor die pad wat die Here met hom loop. Hier volg ’n kort uittreksel uit sy getuienis:
“Het 16 Oktober 2004 radikaal tot bekering gekom, waarna ek saam met ’n profeet bedien het vir so 3 maande. Ek het Feb 2005 by Hatfield Christian Church aangemeld en my theologie daar geswat waar ek ook as Pastoor verordineer is. Het verder aangemeld by die Apostolic Church Planting Ministry, waar hulle net sekere studente met sterk apostoliese gawes opgelei het om in daardie gawes effektief te kan beweeg. Ek en my Vrou,Justine is in 2008 uigeplaas na ons eerste gemeente in Kuruman en het daar gedien vir 3.5 jaar.
Die gemeente het daar gegroei van 80 mense per diens na 380-420 mense per oggend en ander bedieninge het ontwikkel en is bygevoeg, die mense is toegerus en het dienswerk in die gemeenskap effektief gedoen en verstaan wat die waarde is om dit te doen. Ek het ook in die Noord-Kaap beweeg en verskeie gemeentes met die wooord bedien en lering gegee anngaande die Werke van Christus, asook hulle aanbidding-spanne toegerus en die Werkende-jeug konferensies begin wat tans nog aan die werking is. Op 24 Junie 2011 het ek en my vrou Die Bron by die Barnyard in WillowBridge Winkel Sentrum saam met met Skoonpa Gary en sy vrou Rhona Kieswetter geplant. Ek bedien ook gereeld op verskeie Radio stasies, Radio Tygerber, Radio Namakwaland en RSG. Is ook onlangs die Gospel Talent Search Wenner van 2014 wat deur Radio Tygerberg aangebied was en sal my eerste cd volgende jaar Oktober vrystel.”
Kennisgewings
Ons kamp:
Wanneer: 19 tot 21 September
Waar: Boegoeberg(http://www.boegoeberg4x4.co.za/)
Koste: R400.00
Betaling: Betaal asb. in op Durbanville Bergsig se bankrekening.
Bank ABSA
Rekeningnommer 141 059 0154
Takkode 334 810
Verwysing TGIFKamp (met jou naam)
Epos jou bewys van betaling na Gerhard Swanepoel by durbanville@tgifsa.co.za
Die betaling sluit in jou ontbyt vir die Saterdag en Sondag sowel as ’n spitbraai die Saterdagaand. Ons gaan ’n aparte epos stuur met al die detail van die kamp.
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van die vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154