Deel die inligting!
George is ‘n wedergebore kind van God en was afgelope 9 jaar die Bestuurder van Alta du Toit Nasorg in Boston, ‘n sentrum vir volwaasenes met intellektuele gestremdheid.
Op 06 April vanjaar het George ‘n beroerte-aanval in sy slaap gehad, en was as gevolg daarvan aan die regterkant van sy liggaam verlam. “Die Here was wonderbaarlik goed vir my, en ek het tot so ‘n mate herstel, dat ek op 05 Mei (na slegs een maand) uit die hospitaal na my motor kon loop. Intussen het ek tot so ‘n mate herstel, dat ek weer my eie handrat-motor kan bestuur.”
George kom gesels oor die Here se goedheid en genade maar veral oor God se liefde vir ons.