TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Web: https://tgifcape.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Hierdie Vrydag kom spreek Martin van der Merwe ons toe.
“Martin en Letitia van der Merwe is reeds van 2000 af betrokke in ‘n profetiese bediening. Vanaf ongeveer 2005 bied hulle seminare regoor die land aan om mense toe te rus om God se stem meer effektief te hoor. Veral ten opsigte van drome en visioene en die Bybel. Martin het al verskeie boeke gepubliseer om Christene te help om die simbole, kleure en getalle in drome en visioene te verstaan. Hy het ook onlangs n boek gepubliseer wat die Christen op die markplein help toerus om suksesvol mens en christen te wees. Letitia se bediening is veral daarop gemik om jou te help om jou identiteit in Christus te verstaan en om jou daarin toe te rus. ”
Kennisgewings
MES Dirtopia9to5 Bergfietsry Relay
Die MES Dirtopia9to5 Bergfietsry Relay geleentheid op die 16e Junie. Hierdie is ‘n heerlike geleentheid waar ouens/vrouens se passie vir Fietsry die hart van die stad kan verander!
Aangeheg is die uitnodiging, asook die inskrywingsvorms. Inskrywings kan nog tot more 10h00 AM gedoen word.
Huis Jabez
Die 3 weke skoolvakansie is op hande en daar is ‘n paar dames wat bietjie moeite wil doen met die kinders by Huis Jabez. Daar is tans 5 kinders. As dit op jou hart is kan jy gerus kom help. Skenkings van Milo/hot chocolate/aanmaak koeldrank/sap sal ook welkom wees. Die Mandjie / krat is in die kombuis met alreeds paar goedjies in.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154
**Om te download, regs klik om te stoor. SoundTrack