Jacobs Well:
https://www.facebook.com/JacobsWellDurbanville/?fref=ts
Ons hoor gereeld van mense wat nie n werk kan kry of dalk afgle is. So min word vir die mense gedoen. Ons as gemeentes en kerke kan ons nie langer blind hou vir die gebeure nie. Natuurlik is dit n ingewikkelde uitdaging om op te los.
Daarom dat ons graag Jakob se put(Jacob’s Well aan julle bekend wil stel)
So kan daar gehelp word:
Elke tak van Jakob se put werk onafhanklik en groei sy eie netwerk van kerke, organisasies, besighede en individue wat n passie het en graag betrokke wil raak in die gemeeskap met diegene wat sonder n gereelde inkoste sit en gesinne aan die gang moet hou.
Die netwerk bestaan uit Besighede, maatskaplike werkers, beraders, bedienings, vrywiliges en liefdadigheid organisasies.
Indien jy in een van die kategorie val maak asb. met Oswald Opperman kontak. Ons het ook nodig om iemand vir ’n halfdagpos aan te stel wat ons ongeveer R5000.00 per maand gaan kos en benodig ’n kantoor met internet geriewe om die bediening vanaf te bedryf.
Hoor graag van jou.