Lees ons blog hier vir die jongste informasie.
Frontida Outreach is nou al in sy 3de jaar hier in die Kanthararom distrik van die Sisaket provinsie, Thailand. Dit is die 5de onbereikste provinsie hier. Alhoewel ons voel dat ons nou eers aan die begin staan van ons bediening hier het soveel dinge al gebeur (te veel getuienisse om hier ted eel). Dit is net die liefde van Jesus wat dit laat gebeur. Ons bedien ons gemeenskap net uit en met die liefde van Jesus. Dit is die enigste taal wat ons hier praat en ons het al beleef hoe die onbereiktes daardeur aangeraak word. Soveel so dat daar ‘n soeke ontstaan oor om meer te wil weet van Jesus se liefde.
Ons bedien ‘n groot groep kinders (so amper 400) vanaf ouderdomme 6 – 18 jaar oud. Verskeie volwasse groepies en individue word weekliks na uitgereik en die verhoudinge met ons gemeenskap verdiep elke dag meer en meer in liefde. Ons stap ook hand aan hand met ons klein gemeente hier van 12 lidmate. Ons is ook die YWAM basis vir ons provinsie. Met ‘n populasie van 1,5 miljoen mense woonagtig in die provinsie waarvan minder as 1000 volgers van Jesus is (jy kan maar self die prentjie skep) is die taak om die Evangelie te verkondig nogal enorem. Ons is tans die enigste twee sendelinge hier in die provinsie (waarvan ons weet) maar sien kans vir die taak op hande dag vir dag. God se wil sal geskied. Ons moet net gehoorsaam wees in die Woord van God.
Ons ontvang graag besoekers en uitreik groepe van regoor die wêreld om te kom deel in God se Koninkryks werk hier . . . so die vraag is nou wanneer kom kuier jy?
Jy kan ons volg en gesels op ons blog – frontidathailand.blogspot.com en ook op ons Facebook blad – Frontida Outreach. Ons epos adres is – frontidaoutreach@gmail.com
Seëninge en vrede vir jou.