13 Nov 2015 – Marius Heyns

Deel die inligting!

Eerskomende Vrydag is Marius Heyns aan die beurt. 

 

My getuienis is die verhaal van ‘n God wat nie opgee op jou of jou in die steek laat nie.

My verhaal begin waar God ingryp en my lewe bonatuurlik spaar na ‘n ernstige fiets-ongeluk. Nadat ek die besluit geneem het om Jesus te volg, begin my lewe die patroon van ‘n hedendaagse Jona aanneem:

Ek hardloop weg van Sy roeping vir my… Toe ek wel die geleentheid aangryp om Sy roeping te volg, misluk ek in my poging (vanuit my perspektief). God moes kom ingryp in my – en dis waarmee Hy tans besig is met my…