TGIF Mannekonferensie 16/17 Februarie 2024 – Deursigtig

Deursigtig

Deel die inligting!

Ons wil jou graag uitnooi na ‘n konferensie oor wat dit beteken om deursigtig te lewe en waarom dit belangrik is.

“Transparent” gaan daaroor om ons toe te rus sodat ons persoonlike bediening vol vrug kan wees.  Hierdie konferensie sal bydra dat jou jaar nog meer geestelik opbouend gaan wees.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville

Tyd:       Vrydagaand 16 Februarie 2024 vanaf 18h00 – 21h00

    Saterdag 17 Februarie 2024 vanaf 09h00 – 16h00.

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en Vrydagaand & Saterdagmiddag se etes in. Ook ingesluit is Koffieman wat Saterdag-oggend gereed staan met 2 keer se koffie.

Indien daar finansiële uitdagings is, praat asb met Leon – moenie dat geld in die pad staan nie!!!

Ons wil graag ook ‘n geleentheid gee vir pa’s om saam met hulle seuns die geleentheid by te woon en daarom is hoërskool seuns ook welkom teen dieselfde koste. 2024 Is ‘n baie unieke jaar van geleenthede, MOENIE dit mis nie en bring ASB iemand saam vriend of familie!

Kom investeer (saad) in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:
N G Kerk Durbanville Bergsig
Absa
Tjek rek no:  1410 590 154
Verwys:     KONF—(Jou van)

Ons dien ‘n magtige God, en sien uit, met ‘n opgewonde verwagting, wat Hy hierdie naweek in elkeen se lewe gaan doen.  Ons wil daarom, by voorbaat, vir elkeen baie dankie sê wat sy tyd uitkoop om dit by te woon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *